Jongste aktiwiteit:

Sê Net Dankie

‘n Baba wees gelaat.
‘n Boemelaar honger op straat.
En dan het ons nog die “cheek”
om soms te kla.

‘n Kindjie afgeknou.
‘n Lyfie seer en blou.
En dan voel dit of ons
soveel berge dra.

Kom ons wees net dankbaar.
Wees eerder net dankbaar.

Kom ons sê eerder dankie,
dankie vir als wat ons het.
Daar’s ‘n magdom mense
wat nie ‘n hawe het.

Kom ons sê eerder dankie
en gaan op ons knieë.
Ons kan bietjie minder vra
en baie meer gee.
Kom ons sê net dankie.

‘n Tiener in ‘n rolstoel
en ons kan loop en ons kan voel.
En dan het ons nog die “cheek”
om soms te kla.

‘n Oumens opgekrul –
o, die pyn wil nie stil.
En dan voel dit
of soveel dinge pla.

Kom ons leef net dankbaar.
Leef eerder net dankbaar.

Kom ons sê eerder dankie,
dankie vir als wat ons het.
Daar’s ‘n magdom mense
wat nie ‘n hawe het.

Kom ons sê eerder dankie
en gaan op ons knieë.
Ons kan bietjie minder vra
en baie meer gee.
Kom ons sê net dankie.

Dankie Heer vir alles uit U hand.
En dankie vir alles wat U gee.
Dankie vir nog ‘n dag
en dat ek deel daarvan kan wees.
Dankie, baie dankie liewe Heer.

Kom ons sê eerder dankie,
dankie vir als wat ons het.
Daar’s ‘n magdom mense
wat nie ‘n hawe het.

Kom ons sê eerder dankie
en gaan op ons knieë.
Ons kan bietjie minder vra
en baie, baie meer gee.
Kom ons sê net dankie.

Sê net dankie.

“Sê Net Dankie” is geskryf, gekomponeer en gesing deur myself (André van Wyngaardt)
Hierdie liedjie verskyn ook op die album, “Skadu’s van my hart”, soos vrygestel in 2012.

Kyk gerus na die amptelike musiekvideo hier:
https://www.facebook.com/AndreVanWyngaardt.musiek/videos/946191568749831/?hc_ref=SEARCH

Epos adres: andrevwmusiek@gmail.com
Selfoon nommer: 083 712 9081




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed