Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sê dit in Afrikaans

Deur Nugter Digter
Datum gepubliseer: 15 November 2019 Aantal woorde: 89 57 Kere gelees 4

Skryf vir my ‘n briefie, teen ‘n Drakensbergse krans
Sing vir my ‘n liedjie wat die engele laat dans
Jaag vir my die winter weg met n kaggelvuurtjie saans
En sê vir my jy’s myne, maar sê dit in Afrikaans

Koop vir my ‘n nuwe dag, met die oggendson se beurs
Wys vir my die maan se pad wat hy aanstap sonder vrees
Swem saam my in ‘n ou plaasdam langs ‘n mielieboer se land
En wanneer ons vanaand na die sterre gaan kyk, vat saggies aan my hand.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Seirdna

    18 November 2019

    Baie mooi!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 2
Kommentaar telling: 0

Die eenvoudige dinge in die lewe hou vir my die mooiste skatte vas.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 104 gaste aanlyn

Bydrae Totale