Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Saam met wie

Deur Bernie
Datum gepubliseer: 31 Desember 2017 Aantal woorde: 174 406 Kere gelees 13

Saam met wie

Saam met wie
loop jy die pad
ek het reeds
lankal gekies
was nog nooit spyt
ek loop saam met Jesus
Hy het my eerste gekies
Sy juk is sag
Sy las is lig
hy voel nie myne
dra my wanneer
my bene knak
die lewe my verniel
versorg my wonde
heel die seer van my hart
in sy ICU monitor Hy
sorgvuldig
kalmeer benoude bors
ruk beklemming af
verhef my in ere
herstel my posisie
kroon my met Sy juwele
beklee my uit Sy skatkamers
sit my neer op Ewige Rots
maak my voete soos
die van ‘n ribbok
die oliekan het vol gebly
so ook die meelemmer
2017 was uitputtend
uitdagend
met lanfer beklee
en in rou gedompel
wou ons laat ontspoor
ons fokus verskuif
voor krisisse laat staan
wou kop verloor
uitmergelend uitgeroep
help ons Here
hoe het Hy nie voorsien
gehoor gegee
tree vir tree saam
ek vrees nie môre
onbekend aan my
wel bekend
met Sy hand in myne
gaan ek wel
die toekoms tegemoet

©Berna
31.12.2017




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    1 Januarie 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek

  2. Bernie

    18 Januarie 2018

    Baie dankie

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 23
Kommentaar telling: 9

Gebore te Brandfort in die Vrystaat. Gematrikuleer 1978 daar te Hoërskool Staatspresident Swart. Ongetroud. Wat die digkuns betref: 3 gesamentlike digbundeld waarin van my werk gepubliseer is. Versmarathon. Eer die - FB digters. Eggo Poësie. Van Waar ek staan. Dan ook Nubes Belli saam met oud-soldate uit die Grensoorlog, hul digters ten bate van 'n fonds vir kamerade wat minder bevoorreg is. Van kleintyd poësie saam met ma gelees en ingedrink. Droom nog van my eie self geïlustreerde digbundel asook ook boeke. Grensoorlog. Genealogie. Ens.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale