Jongste aktiwiteit:

SAAM IN ONS LUGBALLON

SAAM IN ONS LUGBALLON

Vers1
Ons sweef saam in ons lugballon
gestreepte lugballon onder die son
hoog oor die goue strale van die horison
In ons mooiste groot lugballon

Vers2
Ons sweef saam in ons lugballon
gestreepte lugballon onder die son
Tussen die sponsagtige sagte wit wolke
skyn die son met sy goue golwe

Vers3
Ons sweef saam in ons lugballon
gestreepte lugballon onder die son
met die verskillende kleure van die reënboog
Gly ons oor die blou hemelboog

Koor
So sweef ons saam in ons lugballon
saam bekyk ons ‘n goue horison
sal jy asseblief met my trou
Om jou verewig in my lewe te hou

Eleen van Deventer Vorster
Kopie regte voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed