Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ruimtetuig

Deur André van Wyngaardt
Datum gepubliseer: 2 Junie 2020 Aantal woorde: 130 137 Kere gelees 2

Ruimtetuig

Vers 1:
Soms kan ek dit voel
Aan my lyf
Ek het genoeg gehad
Van dié plek genoeg gehad

Vers 2:
Die wêreld voel so vreemd
Als het verander
Elke dag is dieselfde
Alles is oud

Voor-Koor:
As ek my eie ruimtetuig gehad het (x2)

Koor:
As ek my eie ruimtetuig gehad het
Sou ek nie twee keer dink
Sou ek dié plek verlaat het
Sou ek soos E.T verdwyn in die nag
Nie vir ‘n oomblik op my laat wag
Gee my ‘n ruimtetuig
Dat ek ook kan verdwyn

Vers 3:
Soms wonder ek ook
Wat is die punt
Wat is die punt nou eintlik
Om hier te wees

Herhaal Vers 2, Voor-Koor en Koor

Sluit af met:
Gee my ‘n ruimtetuig
Ek wil so graag verdwyn

André van Wyngaardt©




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 25
Kommentaar telling: 1

Welkom by my Ink profiel. Ek is André van Wyngaardt en ek is 'n Afrikaanse liedjieskrywer, komponis en sanger. As 9 maande oue baba, het my ma en tannie op my afgekom waar ek "Stille Nag" geneurie het in my kot. Musiek is in my are ... Aan vaderskant het my pa se twee broers bekendgestaan as Die van Wyngaardt Broers; hulle het musiek gemaak en langspelerplate vrygestel in die jare 70's. My musiek is beskikbaar op alle goeie digitale platforms, o.a op YouTube, Spotify, iTunes en Google Play Music. Kom luister gerus.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 31 gaste aanlyn

Bydrae Totale