Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ruimte

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 17 September 2020 Aantal woorde: 78 57 Kere gelees 3

oor my duin hang daar ‘n blou koepel
van donker swart tot ligte blou met ligte
miljoene sterre waarvan party flikkerend seine stuur
die koepel lyk of dit stadig beweeg oor die see
altyd draaiend in skuifel pas van oos na wes
net die vele liggies aan die strand se kant
verdof die pragtige vertoning soms
maar die golwe sing en baljaar
onder die hemelse skouspel
oneindige afstande vertel
diepte en hoogte
van Skepper
se mag

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 970
Kommentaar telling: 132

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 90 gaste aanlyn

Bydrae Totale