Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Rugbytrots

Deur Lynelle
Datum gepubliseer: 3 November 2019 Aantal woorde: 463 88 Kere gelees 2

Ons bly op ‘n besige hoek in Brakpan. ‘n Plek waar mense bymekaar kom vir vlietende oomblikke om net weer te ry sodra die robot verander. Dit is ‘n welbekend hoeke met sy geskiedenis van ongelukke, stoete, skole wat uit kom en hewige verkeer. Na al die jare is ons nu al gewoond aan die lawaai en hoor dit skaars. Baie kuiermense vra hoe ons dit en dan wrd dit afgemaak met ‘n ophaal van skouers.
Gister egter, na die wêreldbeker skouspel verby is was ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit was ‘n kakofonie van gillende mense, blêrrende toeters en uitroepe van blydskap; soos wat mense mekaar groet en gelukwens. Verenig vir een rede. Die Bokke het gewen.
Kleur het weggeval, rassekwessies vergete, selfs die knellende droogte en werksverliese iets wat agter toe geskuif het. Die politieke skuiwe ‘n nagedagtenis tussen die feesvieringe. Die Bokke se wen het reg gekry wat geen politiese mag kon vermag nie. Dit is dan wat ‘n mens besef dat ons mense werklik saam kan staan.
Teen laatmiddag, die braaivleisvuur alreeds afgekoel kom ‘n lowbed trok verby. Mense sit, kompleet met tuinstoele daarop en ry deur die strate. Die Landsvlag en Groen en Goud verenig in die wind. Die feestelikheid het nog nie getaan nie.
Whatsapp en Facebook het gegons van steek in die tong grappe met die Rose, ander grappe, en gelukwensinge, so asof elkeen verantwoordelik was vir die 32 punte wat op daardie bord verskyn het. Vrouens wat normaalweg ‘n afkeur het en liewer iets anders sal doen was saam verenig om die kassie. Ek was Saterdagoggend, tydens die afskop by ‘n damestee en motiveringspraatjie. Maar die buzz in die vertrek was onmiskenbaar. Lewendige gegons het geheers tussen produkte se bekendstelling en opbeurende gesprek deur die spreker. Ek het lanklaas so ‘n gegons ervaar wat belaai was met energie. Almal was optomisties.

Die video van Prins Harry wat by die kleedkamers van die Bokke instap en ons gelukwens het my geraak. Man, my bors het geswel. Ek het opnuut weer respek vir die jongman gekry. Sy kop is reg. Al is hy dan nou ‘n Roos lid.
Vanoggend is die Rapport besaai met die mooiste fotos. Die Bokke se prestasie ons prestasie. Wat ‘n wonderlike trotse gevoel om Suid Afrikaner te kan wees. Ten spyte van ons bekommernisse bly ons die land van die springbok, in groen en goud en trots. ‘n Gevoel so eie aan ons nasie. Dankie Bokke, julle het ons weer rede gegee om trots te wees op ons land, en positief te wees oor die dag van môre.
Welgedaan aan julle en jul families wat dit moontlik gemaak het en ons ons selfrespek weer terug gegee het. Julle is voorwaar ‘n toonbeeld van Suid Afrikaanse trots wees.
Kopireg voorbehou




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 66
Kommentaar telling: 14

Ek het my eerste boek in 2012 gepubliseer en my tweede in 2014. Ek hou van nuwe uitdagings en is gereeld besig om my skryfkuns te beoefen. Ek is woonagtig in Alberton, Gauteng.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 69 gaste aanlyn

Bydrae Totale