Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: RUBY

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 10 April 2019 Aantal woorde: 51 161 Kere gelees 1

Telkens wanneer ek vooroor strek
begin my mondhoeke wyer trek.

Dan onthou ek weer die dag
saam met klein Ruby in die bad.

Sy babbel borrels soos sy praat,
handjies wys dan hier, dan daar,
toe sy skielik stop, fronsend staar
en gil – Ouma jy het lippe op jou maag!




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    10 April 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek

    WELKOM by INK, mag ons nog sommer baie van jou hoogstaande gedigte hier raaklees!

    • Margaret Cordier

      10 April 2019

      Dankie Anzé.
      ‘So ‘n klein ysbrekertjie, uit die heup afgeskiet.

      Ek weet hierdie is die grond waarin ek gaan groei –
      ek was lank in ‘n klein pot.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 24
Kommentaar telling: 17

Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 2,834 gaste aanlyn

Bydrae Totale