Titel: ruїne van die liefde
Deur Koekekranka
waar uitgedroog en dor ons dam
nou stukkend steun teen taaibosstam
en somerson se hete vlam
die vertes rookdofkimme kam
het ons in jeug die tyd verdroom
by uitleivoor se kabbelstroom
langs groen van varing blom van vyg
het ons beloftetrou laat styg
verby die groen van wilger twyg
wat kopdruip oor die lotus neig
maar selfsugjare het verstram
in lepellê met taaibosstam
waar onmin-son met helse vlam
nog steeds die rookdofkimme kam
Amaspoke
Nou weet ons waarom hulle sê: “Met ouderdom kom wysheid” . . .
Koekekranka
Baie dankie Spookman en lekker slaap!
Arnold
So met die jare kom die stram geit so ongevraag by.
Koekekranka
Baie dankie Arnold!
Anze
ongelooflik mooi geskets
Koekekranka
Baie dankie my mensie!