Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ROOI

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 14 Maart 2019 Aantal woorde: 137 101 Kere gelees 1

ROOI

My vrouwees dans versluierd en ongetem tussen stukkend-verflenterde glas. My kaalvoete se bloei skryf rou graffiti bo-oor die verwarrende beelde van ‘n splinter-gebreekte spieel.
Onverdunde hartstog skeur met wrede teerheid die voorhangsel van my vrouwees in twee stukke. Wat soos vaandels van wilde triomf wapper verby die Sewester en die Orion met sy geknoopte toue…En rooi lê my kaalvoet-dans se splinterruit-spoor daaroor. Word ‘n rooitapyt vir die Glorie van ‘n Gans Andere Man se volmaakte Vergifnis.
SkarlakenVrou.
BloedVergifnis.
RooiTriomf….Die mistieka van Dans met die HeelalKoning se Seun. Van vrouwees gesny uit die Skarlakenrooi van Bloed eens gevlek in Hout. Nou soos n Eksodus-offer bo-oor die deurpos van my onbevange vrouweesgemaak se geheime labrinte.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag passie drentel in die mistieka van jou Godgemaakte wese.
©Liza Daniells




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Kiekies

      Maart 14, 2019

      Jy skryf vol passie. Hoekom ‘mistieka’? Dink weer oor die woord verflenterde glas, moet dit nie eerder versplinterde glas wees nie?

    2. GhwarriegatQueen

      Maart 14, 2019

      Waardeer stilstaan en saamlees opreg. Saggies doedoe vanaand, laf joe ☕🌹💝

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 40
    Kommentaar telling: 16

    Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 2,809 gaste aanlyn

    Bydrae Totale