Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Rooi tower stewels

Deur Palet
Datum gepubliseer: 14 Desember 2019 Aantal woorde: 435 108 Kere gelees 1

Dit is amper kerfees en Lalie die feetjie is baie opgewonde, haar ouma kom weer kuier. Sy kan nie wag nie, dit is ‘n groot feestyd wat voorlê vir al die woud bewoners. Oral word liggies opgehang, heerlike koekies word gebak deur al die mamma’s.

“Lalie, gaan haal vir mamma nog meel by die winkel myne is klaar asseblief. Dan koop jy vir jou ‘n lekker roomys dis juis so warm vandag.”

Lalie hardloop na die naaste winkel, sy geniet altyd die tydjie vreeslik baie dan maak sy ‘n draai by Vossie die kabouter ook. Hulle ken mekaar al lankal, hy woon in die mooiste deel van die woud. Daar is ‘n waterval en ‘n groot plat klip waar hulle altyd opsit. Vossie se ma maak die heerlilste lemonade, sy gee vir hulle altyd elkeen ‘n groot glas vol met ‘n bordjie gemmer koekies.

“Vossie! ek’s hier.” roep sy uitgelate buite hulle bos’huisie.”

Vossie gaan wys haar sy nuwe kabouter skoene, dit is rooi stewels met klokkies vooraan. Hy mag dit eers op kers’dag aantrek anders verloor hulle hul towerkrag. Lalie kan haar oë nie glo nie dis die mooiste stewels wat sy nog ooit gesien het.

“Waar kry jy dit?” vra sy verbaas.

“By my ouers, hulle het dit vir my gekoop. My ma sê ek kan enige iets doen wanneer ek dit dra. Ek wil so graag ook mooi dans, en sing soos jy Lalie.”

Lalie lag verleë, sy weet Vossie droom al lankal om saam met haar te kan dans. Hy kry dit nooit reg nie, sy’t al hoeveel keer hom probeer leer maar hy het geen ritme nie. Dalk is sy voete net te groot, hy het die grootste voete van al die kabouters in die woud.

Daardie aand droom Lalie dat sy en Vossie dans, hy’t sy nuwe rooi stewels aan. Hulle het gedans of die hele woud aan hulle behoort, hy’t vir haar gesê.

” Kom ons dans asof niemand kyk nie. “

Dit was ‘n droom, maar dit het so werklik gevoel. Lalie spring uit haar bedjie, trek vinnig aan. Vandag gaan sy vir Vossie leer dans al vat dit die hele dag. Sy wil hê sy droom moet waar word, dit sal vir hom die mooiste geskenk wees wat iemand hom nog gegee het. Daardie dag het baie lank gevoel, uitgeput en moeg keer sy terug na haar huisie toe. Vossie het uiteindelik dit reggekry om te dans, van daai dag af het hulle elke dag gedans. Vossie het toe sowaar rooi stewels met klokkies aan vir kersfees gekry, sederdien was hy die beste danser van al die kabouters.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    17 Desember 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2019 projek – Dans asof niemand sien nie

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 378
Kommentaar telling: 354

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 33 gaste aanlyn

Bydrae Totale