Titel: Robotte
Deur Koos Elsum

Die ideaal is genot
vertaal
as maters lag
verkry van nuutste
beste nou
om in te pas.
Sisteme stel die reëls
eie maak verval in
selfoon app
al die keuses reeds vooraf
bepaal.
Plastiek robotte
loop deur ons
in opdrag om alle gedagtes
op die mark te hou
in die hoeke gehurk,
mense met glimlagte
en in vrees.
TEMAS