Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Resensie: Die film, KITSFAMILIE

Deur Toom
Datum gepubliseer: 23 Maart 2019 Aantal woorde: 690 110 Kere gelees 1

Resensie: Die film, KITSFAMILIE

Wanneer is iemand gereed om kinders te kry? ‘n Hele paar dekades gelede het iemand beweer dat die allerbelangrikste taak in die mens se lewe deur jong mense sonder opvoeding, sonder voorbereiding aangeneem en uitgevoer word – die grootmaak van klein, hulplose kinders.

Daar is ook egpare wat jarelang nie kinders kry nie, uit watokal vir redes, of biologiese, gesondheids- of beroepsredes. Maar, ofskoon hulle dit graag wil hê, hulle kry eenvoudig nie kinders nie. So om en by die veertigste lewensjaar merk hulle dat dit nou moet wees of nooit nie. Dit kan wees dat hulle die advertensie van ‘n adopsie-organisasie in ‘n tydskrif of êrens sien. So kom Ellie en Pete oor die internet op ‘n tehuis nie al te ver van hulle af nie waar kinders woon wat adopteer kan word.

[Plötzlich Familie (Instant Family oorspr. Engl), VSA, 2018; outeur en regisseur: Sean Anders, met Rose Byrne en Mark Wahlberg as die ouers, Isabela Moner, Gustavo Quiroz en Julianna Gamiz as die kinders, Octavia Spencer, Tig Notaro en Iliza Schlesinger aus der stoelsirkel by die kantoor van die Raadgewers vir Pleegouers; vanaf 6 jare, 118 min.]

Dit gaan in hierdie verhaal om twee veertigers wat eenvoudig ‘n baba wil adopteer. Maar helaas! Die baba’s gaan die gouste weg. En die ander kleinere kinders? Ook. Daar stap hulle teleurgesteld oor die terrein terug aan ‘n groepie tieners verby en hulle weet, ja, vir hulle is dit te laat, niemand wil hulle hê nie. Daar spring een van die meisies op en begin om hulle sleg te sê. En dat sy hoegenaamd nie in ‘n ander familie wil kom nie wat haar gaan voorhou hoe goed en verdienstlik hulle is nie. Op een of ander manier om een of ander rede voel hulle later tot hierdie meisie aangetrokke en doen aansoek om haar te neem.

Maar – altyd kom ‘n MAAR – die meisie het ook ‘n boetie en sussie wat as gesinseenheid saam behoort te bly. Na ‘n heen-en-weer gewik-en-weeg besluit hulle tog om aldrie te neem. Nogeens MAAR hulle moet eers geproef word of hulle daarvoor goed genoeg is en dan nog enige weke opleiding in anderwêreldse dinge: Kindersielkunde, noodhulp en wat nog alles. Uiteindelik mag hulle die kinders kom afhaal. MAAR nou is die kinders aan die beurt: Of húlle hoegenaamd wil saamgaan. By die huis aangekom moet kinders en ouers eers aan mekaar gewoond raak, dit wil juis dit sê: Die ene moet leer om die gewoonhede van die ander te verdra, om daarmee om te gaan, om klaar te kom. (Besonders by die slegte gewoonhede.)

Die film is aangelê as fynvoelige komedie, dog kom af-en-toe ‘n skielike lagbui uit die gehoor, asof die regisseur iets daartussen gestrooi het. Was hy miskien bang vir die verveeldheid? Nee, bang hoef hy nie te wees nie: Die storie word nugter en humorvol vertel; verveeldheid kom glad nie op nie. En die lagsarsies is soortgelyk met die ekstra-bonus-kersie boöp die roomkoek. Daar is ander, ernstige aspekte, byvoorbeeld as die eie moeder van die kinders kom kuier en die tiener wil graag met haar weer saamgaan. Tot die patchwork family” eindelik soos ‘n egte gesin vorm aanneem, is ‘n lang en swaar pad bergaan.

Heeltemal aan die begin van die film, nog voor die „credits”, is ‘n tafel wat sê dat die verhaal op ware begewenhede berus: Die outeur en regisseur, Sean Anders sê dat hy self drie kinders adopteer het en dat hy uit sy ervaring met hulle kon tap om sy verhaal ‘n bepaalde waarheidsinhoud te verskaf. Weereens, dis nie ‘n belerende, „boodskapdraende” predik nie, maar ‘n humorvolle relaas van wat na Murphy se wet alles kan skeefloop en daardie vreugdevolle „ons-beleefnis” wat kan kom nog lank voor die sak sout opgeëet is. Op die ou ent is „Kitsfamilie” ‘n komedie wat die adopsie as tema deels-deels ernstig beskryf en deels-deels met sagte humor en dan weer as brullend snaaks daarstel. Op ‘n hoër vlak as die alledaagse familieklugte wat te sien is.

Aldus, graag drie sterre, jammer maar dit kom nie aan die vier nie.

© 23e.Maart2019 c]:o(.* * *.(o;[►……………………….tje




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Kiekies

      April 30, 2019

      Op ‘n hogere vlak voorwaar!!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 189
    Kommentaar telling: 183

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 1,728 gaste aanlyn

    Bydrae Totale