Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Resensie: DIE BEWAPENDE MAN

Deur Toom
Datum gepubliseer: 22 November 2019 Aantal woorde: 696 201 Kere gelees 6

DIE BEWAPENDE MAN ‘n Missa vir die Vrede

Oor die jare en eeue heen, veral in die twintigste eeu, het die oorlogs­retoriek en sabelgeratel toenemend – alarmerend – uitgebrei. Met al hoe moderner wapens word al hoe meer mense omgebring, want dit gaan dikwels gou oor in egte krygsdade, en brandherde van konflik is in ons tyd oor die hele wêreld gesaai. Dat mense dus oral om vrede bid is duidelik.

En nodig.

Die Walliser, Karl Jenkins (* 1944) het in 1999 die opdrag gekry om ‘n vredensmissa te skryf, wat tans wêreldwyd alreeds twee-duisend keer opgevoer is. Dit is, soos die dirigent Holger Brandt sê, nie ‘n „mooi” werk nie. „The armed Man, sê hy, wil aandui hoe oorlogsretoriek ontstaan, met watter motivasie mense in die veld trek. Met baie drastiese woorde skilder dit die onbegryplike leiding en die treur wat die oorlog bring, om dan einde ten laaste ‘n glinstering van hoop te laat skyn.”
Jenkins het die opdrag gekry van die britse nasionale wapenmuseum „Royal Armouries”, wie se destydse direkteur, Guy Wilson ook die tekste uitgesoek het. Hy het uit verskeie bronne geskep: Uit drie religieuse bronne, Christlich, Moslem en Hindoe; in vier tale hoor ons lieder, in Frans, Engels, Latyn en Hindi en die roep om te kom bid klink in Arabies; Jenkins het vir sy musiek in die Voor-Christlike tyd asook die 15e., 17e. en 19e. eeu gaan soek en het ook in die styl van 1945 geskryf.

[Karl Jenkins: The Armed Man, a mass for peace; opgevoer op 17e. November 2019 in die Stadtkirche (Johanniskirche) Walsrode, olv. Kantor Holger Brandt.]

Aan die begin bring Brandt ‘n koorstuk uit „Ein deutsches Requiem” deur Johannes Brahms, „Wie lieblich sind Deine Wohnungen”, met die boodskap: Salig is hulle wat in die huis van die Heer woon. . .
In dertien settings skaf Jenkins ‘n gebou uit klank en woord wat die gesamentlike tragiek van oorlog omvat.
° Aan die begin word ‘n franse volksliedjie oor ons moedige seuns gesing. Is dit ‘n onskuldige kinderliedjie, die lied van ‘n meisie wie se kêrel in die oorlog wegtrek? Palestrina se L’homme armé.
° Na mekaar sit Jenkins die muezzín se roep „Allahu Akbar”, „God is groot” en die Christlike „Kyrie eleison”, „Heer, erbarm U oor ons”. Altwee religies is in sigself vreedsaam – maar die mense?
° Die soort lied, die betekenis van die woorde – of gevegsroep of bybelteks met vredevolle boodskap — word afwisselend gebring totdat ‘n hoëpunt in die agte setting, met die oorskrif „Kwaadwillige Vlamme” kom: Oorlog! Daar word dit baie luidsterk, deur ‘n groot opbou van ses slagtuigspelers, met bomme en kannonsalvo’s en die gillende geluid van missiele wat verbytrek. Atonaal en gedeeltelik pynlik om aan te hoor. En in die agtergrond bly die manskoor standvas en sing verder tot . . .
Niks. ‘n Oorverdowende stilte wat skynbaar veel te lang aanhou. Die einde van die oorlog, van alle oorloë?
° Die neënde tot dertiende settings berig van die puin en die smart, van die weeropbou en weerbesinning. Dit begin met „Vakkels” uit die Mahabhárata waarin die weerlose diere midde-in die brandende slagveld lê en kerm, oor die „Agnus Dei”, die„ Lam van God” en die loofprysing, „Benedictus” tot die finale, die vertoonde gedig „Beter is die vrede as altyd net oorlog, en vrede is beter is ewige oorlog”.
Die koor is weer vol singvreugde en die slot kom soos ‘n koel wind oor die verdorde veld aangewaai: „God sal alle trane afdroog / en die dood gaan nie meer wees nie, / nog lyding nog gekerm / nog pyn sal daar wees nie. / Loof die Heer.”

‘n Geweldige opvoering uitstekend opgevoer deur die Walsrode kantorei en die jeugkoor, met ondersteuning van Michelle Neupert mezzo­sopraan, Ismail Turker gebedsroep en die vergrote Kammersymphonie Hannover. Kantor Brandt het ‘n besonders waardevolle boekie as program saamgestel, met verklarings oor die volgende afsnit, vertalings van die tekste daarin, en ‘n paar prente as illustrasie vir die handeling. Ons mag nie net na die missa kom luister nie – dis nie as oratorium gedag nie, maar as missa, erediens – maar moet probeer om dit wat daaragter verberg is, te begryp, meen hy in die voorwoord.
Musikaals, bewegend, ja opruiend. ‘n Nadenklik vervrissende beleefnis.

November2019…..♬  🗺  ♬………………………..tje




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 207
Kommentaar telling: 209

Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 103 gaste aanlyn

Bydrae Totale