Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Reënweer op die Vlakte

Deur Frank Meintjies
Datum gepubliseer: 13 Mei 2019 Aantal woorde: 111 43 Kere gelees 3

Die weer daal neer
op huise sonder drome
in drome wat soek
na vaste woonplek woonplekke

Bedek jou kop
herstel die dak en prop die lek
vermy die stroom
in Blikkiesdorp
kom binne vir ‘n slukkie tee

hierdie kaapse vlakte
uit gestryk
en water lê oral

In die holtes van die waterdraer
dans die duiwel rond

Aanhoudend …
in strepe en repies
wat my vaspen
in ‘n swerm van druppels
met ‘n stem
wat hyg
langs die straat –paal
wat sis en kreun
tussen Zeekoevlei se bome

Seën-reën, doop-reën, afbreek reën, woedende-reën:
gebede op die lippe
yster-koud in die been
polse … in die skuilplek
van die hart




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 4
    Kommentaar telling: 2

    Frank Meintjies, gevestig in Johannesburg, werk op die gebied van maatskaplike ontwikkeling. Frank se kreatiewe skryfwerk is by verskeie Suid-Afrikaanse antologiën ingesluit. Hy dra ook by tot die poësie wêreld deur deelname aan openbare lesings. Frank se mees onlangse poësieversameling is Unfettered Days en hy het verskeie kortverhale geskryf. Hy verken verhoudings in Suid-Afrika sowel as die verband tussen die natuur en en menswees.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 2,846 gaste aanlyn

    Bydrae Totale