Titel: REËN OP MY PARADE
Deur HelenaMellet
(BRONS)
In die uur se draai
kry die dag effe kleur
en sien my oë al klaar
die son se sit
nog voor hy sy pens
agter die rand kan uit beur
voel ek hom dáár
skyn oor my elke stukkie mens,
maar in die uur se draai
het ’n wolk kom lê
oor die ontwakende son en my kop se sê,
want iemand het vir reën gebid
©HMellet2021
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek
HelenaMellet
Groot plesier, Anzé. Dis ‘n lieflike afskop tema!