Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: proe

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 6 Augustus 2019 Aantal woorde: 84 116 Kere gelees 1

bitterste gal kom uit ‘n blaar
warmste as val uit ‘n doringboom
seerste steek is van brandnetel dorings
soos vretende suur is sop uit ‘n botsende tor
pynigend is die herhaalde steke van rooi perdeby
soos kole vuur brand bloublasies op strand
lastiger as muggies in jou oë is daar min
soos musiek op my ore is hadida
se vroeg oggend roep maar hy
vloek stadsjapies wakker
so is die gal vir een
in die blare
vir die ander
in proe daarvan

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 663
Kommentaar telling: 103

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale