Titel: plig
Deur Tearlach

–
soos meeue elke oomblik
van hul lewens die wind gebruik
om te sweef en na kos te soek
so sweef mens se siel ook
op soek na geluk, liefde en vrede
soos meeue is daar arm tye
–
soos in die natuur is daar
basiese werk of pligte vir elkeen
op eerste lyne van bestaan
mense soek voedsel sekerheid
daarna kom daar fisiese sekerheid
uiteindelik geestelike sekerheid
–
©Teárlach
TEMAS