Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Plasentaplagiaat

Deur Amanda
Datum gepubliseer: 25 September 2019 Aantal woorde: 58 188 Kere gelees 6

Skommelsee, skeurende sluise in vloed;
louwarm spartelasem en bloed.
‘n Helse vuur; vlammende pyn,
kom en gaan en kom en gaan en dan verdwyn

Soos ‘n wildsbok in ‘n jagtersstrik
spartelend na sy vryheid wik;
word in barensnood verlig verlos
lewend gewend liefdes tokos.

In embriogekrulde staat
pleeg jy plasentaplagiaat.
Uit my moederskoot verwek
ontsnap ‘n splinternuwe ek.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    25 September 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 59
Kommentaar telling: 30

Ouma van Vier woelwaters. Ma van 5 (2 stief) en vrou van 'n wonderlike Godsman. Woon tans in Alberton. Skryf is my uitlaatklep. My hart bloei ink op papier.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 86 gaste aanlyn

Bydrae Totale