Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: PLAGIAAT/LETTERDIEFSTAL

Deur Anze
Datum gepubliseer: 5 Junie 2019 Aantal woorde: 931 69 Kere gelees 1

Plagiaat/Letterdiefstal

Waarskuwing!

Plagiaat is ‘n baie ernstige oortreding. As jy jou daaraan skuldig maak, kan jy uit die Universiteit geskors word, krimineel aangekla word, of verban word van ‘n sekere platform, of ‘n siviele eis kan teen jou ingestel word.

Wat is Plagiaat?

’n Mens pleeg plagiaat as jy iemand anders se idees – gepubliseer of ongepubliseer – aanbied asof dit jou eie is. Mense se idees is onder andere vervat in:

geskrewe teks – artikels, boeke, verhandelings, proefskrifte, koerante, tydskrifte, notas, kursusmateriaal, medestudente se werkstukke, e-posboodskappe, data, rekenaarkode, alles op die Internet, ens.

visuele teks – beeldende en grafiese kuns, foto’s, ens.

multimediaprodukte – webwerwe, videoproduksies, films, CD’s, ens.

Musiek – komposisies, lirieke, CD’s, musiek of klankgrepe op die Internet, ens.

gesproke teks – toesprake, kassetopnames, lesings, onderhoude, ens.

WAT IS DIE GEVOLGE VAN PLAGIAAT?

Plagiaat is ‘n ernstige oortreding.

Eerstens is plagiaat ONWETTIG.

Dit kan as ‘n kriminele oortreding beskou word ingevolge die Wet op Outeusreg 98 van 1978. As ‘n student of lid van ‘n groep aan plagiaat skuldig bevind word:
deur ‘n Dissiplinêre Komitee van die Universiteit, kan hy/sy uit die Universiteit geskors word; deur ‘n Geregshof, kan ‘n boete of gevangenisstraf opgelê word.

Tweedens is plagiaat ONETIES.

Dit is in stryd met ons waardes van vertroue en van akademiese integriteit (om ander se werk te respekteer en te verwag dat hulle jou werk sal respekteer).
Dit is oneerlik (‘n vorm van diefstal).
Dit minag die regte van die oorspronklike outeur, asook die kennisgemeenskap waarvan die outeur én die persoon wat plagiaat pleeg, lede is.
Dit kan die Universiteit se reputasie skaad, en daardeur die waarde van sy kwalifikasies verlaag.
Dit plaas die eerlike werk van ander studente onder verdenking.

Let wel: UP gebruik sagteware en ander meganismes om plagiaat in alle soorte elektroniese tekste te identifiseer en tree deur middel van sy Komitee vir Dissipline (Studente) teen oortreders op.

Hoe kan jy plagiaat voorkom?

Die moenies

    • Moenie probeer skuil agter onkunde nie. ‘n Kriminele oortreding is strafbaar, ongeag of ‘n mens dit bewustelik of onbewustelik gepleeg het.
    • Moenie doelbewus plagiaat pleeg (bv. as jy onder tydsdruk is) nie. Dit mag die einde van jou studieloopbaan /Digenof Skrywersloopbaan beteken.
    • Moenie inligting uit elektroniese bronne soos webblaaie “knip en plak” nie.

Die moets

  • Leer selfstandig en krities dink. Lees wat ander oor ‘n onderwerp sê, erken die bron, en formuleer dan jou eie mening.
  • Leer en gebruik die korrekte verwysingstegniek in werkstukke, verslae, opstelle, skripsies, verhandelings en proefskrifte. Dit behels onder andere die volgende:

Wanneer jy die presiese woorde van ‘n ander gebruik:

 Plaas dit tussen aanhalingstekens indien dit deel vorm van ‘n paragraaf wat jy self geskryf het.

 Spring die sitaat van die linkerkantlyn af in (Eng. left indent), of druk dit in ‘n ander/kleiner lettertipe indien dit in ‘n aparte paragraaf staan.

 Vermeld die bron volgens die verwysingsmetode wat die departement of vakgebied voorskryf.

O Wanneer jy ander se idees wil gebruik, maar dit in jou eie oorde wil stel of opsom:

 Verander die formulering om by jou skryfstyl aan te pas, of vertaal die sin/paragraaf in die taal waarin jy skryf,

MAAR

 Maak seker dat jy nie die outeur se woorde verdraai om jou eie standpunt te pas nie.

 Vermeld altyd die bron volledig volgens die verwysingsmetode wat die departement of vakgebied voorskryf.

Riglyne vir korrekte verwysing is aanlyn beskikbaar by http://upetd.up.ac.za/authors/create/reference.htm

Wat kan jy wen deur korrek te verwys en eerlik te wees?

  • Korrekte verwysing wys dat jy op hoogte is van verwikkelinge in jou vakgebied, dat jy wyd gelees het en dat jy weet wie die toonaangewende vakspesialiste is.
  • Korrekte verwysing getuig daarvan dat jou idees verband hou met dié van die kenners, en verleen gesag aan jou argumente.
  • Korrekte verwysing help jou lesers om die bronne wat jy gebruik het, op te spoor.

Vollediger inligting oor plagiaat en die voorkoming daarvan is aanlyn beskikbaar by

http://upetd.up.ac.za/authors/create/plagiarism.htm

© Universiteit van Pretoria: Akademiese Inligtingsdiens 2003.

12 August 2003  Project Co-ordinator: Helga Nordhoff

Plagiaat, ook bekend as letterdiefstal, is die kopiëring van ‘n ander persoon se idees, woorde of skrywes en dan voor te gee dat dit die persoon se eie werk is. Dit kan moontlik gepaardgaan met die oortreding van kopieregwette, hoewel dit nie altyd die geval is nie. Die pleeg van plagiaat is dus meestal onwettig en ook hoogs oneties.

As ‘n ander persoon se werk gebruik word moet dit in aanhalingstekens geplaas word of in jou eie woorde oorgeskryf word. Daarnaas moet die bron vermeld word deur die oorspronklike outeur krediet te gee. Indien teks oorgeskryf word, moet daar gelet word om nie die oorspronklike outeur se woorde te verdraai nie.

Studente wat plagiaat pleeg word gewoonlik geskors, en joernaliste wat plagiaat pleeg, word meestal summier afgedank. As kopieregwette oortree word dan dit selfs ernstiger nagevolge hê. Die oortreder kan krimineel aangekla word of ‘n siviele eis kan teen so ‘n persoon ingestel word.

Digitale plagiaat is veral algemeen omdat teks en beelde maklik geknip en geplak kan word. So kan die oortreder sinne of frases vanuit webtuistes gebruik om ‘n “eie werk” saam te stel. Verskeie algoritmes en webwerwe is beskikbaar om digitale plagiaat op te spoor en sodoende die probleem die hoof te bied. Voorbeelde van sulke webtuistes is Plagiarism.org en Turnitin.com.

Bron:

https://af.wikipedia.org/wiki/Plagiaat

http://www.upwithscience.up.ac.za/resources/plagiaat.htm

INK handhaaf ‘n BAIE streng beleid rondom plagiaat en sodra so iets iewers opgetel of waargeneem word sal daar onmiddelik dmv geregtelike stappe opgetree word teen die oortreders




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Ano

    6 Junie 2019

    Baie dankie!

    Dalk kan hierdie vraag ook beantwoord word :

    1. ek skryf onder twee skuilname al publiseer ek slegs onder een. Dus kan ek ook woorde by myself steel, ne?

    2. maak mens daarvan melding indien jy iets uit n vorige publikasie weer n keer gebruik? En hoe? Of stel mens eerder min of meer dieselfde onderwerp net in ander woorde?

    • Anze

      6 Junie 2019

      Ano, ek dink die veiligste is om as jy wel die betrokke stuk iewers gepubliseer het onder jou skuilnaam dit ook as verwysing aan te heg net om onsekerheid by die leser uit die weg te ruim. Om aanhalings uit jou eie werk te gebruik, wel ek dink nie dit is n probleem nie en ook nie n rede om iewers te vermeld nie, aangesien die woorde aan jou behoort

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 222
Kommentaar telling: 2452

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 54 gaste aanlyn

Bydrae Totale