Titel: pers en swart
Deur Tearlach

–
ek wil vir jou ‘n vlinder vang
met pers en swart vlerke
soekend stap ek onder bome
wat drup van oggend mis
stil verskyn hy om die draai
met vlymskerp horings
dan sien ek die vlinder fladder
langs die trotse bosbok
waar ek my lewe gaan waag
om jou vlinder te vang
sien my lief, hierdie vlinder
kom uit groot gevaar
met sy pers en swart vlerke
van lanfer en dood
–
©Teárlach
TEMAS
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek