Pennie in die sand
As ek maar net, nog kon droom oor ons ou land
sou ek werklik droom van ’n pennie in die sand
die verre, verre verlede toe kinders nog kinders was
die verbeelding van stories op die radio, nie op die kas
kleiosse, modderkoekies, boomklim en speel in die water
wegkruipertjie en dokter-dokter speel, almal het geskater
sorgelose dae, so het dit gelyk, het ons by kommer veby gekyk
die hier en die nou is heel te gou, dit is donker dit lyk soos slyk
verandering, tegnologie en vernuwe is totaal onvermydelik
dit lyk, dit voel, ons ervaar, dit druk ons kinders in ‘n blik
oorgeneem het die speletjies, die slimfoon en die gekloek
die bymekaarkom van ‘n gesin en lees vanuit, die groot boek
waardes is daar nie meer, aan hierdie nuwe is daar geen keer
elke een lewe vir homself, jy kan hul van die lewe, niks nie leer
in die gejaag het liefdfe en daad, verander in erge mense haat
so het hulle in die kwaad, God vir minder as ‘n Pennie agter gelaat
al die vervloë jare het ‘n Pennie in die sand, gehad soveel waarde
ons het gespeel, gepraat en gelag, liefde gevind hier op die aarde
tegnologie, tyd, geld en mag het die mooi van die mens geword
in sy binneste , sal hy altyd smag, om in liefde, soos God te word.
Kopireg © Wilfred (Willy) Funchal