Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: PENDORING: OPDRAG 8

Deur Francois Meyer
Datum gepubliseer: 27 Augustus 2018 Aantal woorde: 194 461 Kere gelees 3

OPDRAG 8: SKEP JOU EIE DIGVORM!

Daar bestaan verskeie digvorme; die haikoe, die triolet, die lai, verskeie sonnette, ens. Elke digvorm het sy eie eienskappe, struktuur en vereistes.
1. Skep jou eie en oorspronklike digvorm met ‘n bepaalde struktuur.
2. Skryf dan ‘n gedig volgens jou eie digvorm se vereistes.
3. Wees kreatief en wys ons wat jy het!
4. Lê die riglyne vir jou digvorm uit en gee vir jou digvorm ‘n naam.
5. Plaas jou gedig onderaan die riglyne van jou digvorm.

Ander riglyne:

1. Maak seker dat jy bogenoemde instruksies noukeurig nakom.
2. Moenie reeds bestaande digvorme gebruik nie.
3. Maak seker om die spelling en taalgebruik in jou gedig na te gaan voordat jy hom op INK plaas.
4. Jou gedig moet voor of op 31 Augustus 2018 teen 20:00 op INK geplaas word.
5. Maak seker dat jy jou gedig onder die “Pendoring” kategorie plaas.
6. Plaas (Opdrag 8) langs jou inskrywing se titel.
7. Weereens kan julle ‘n paar ekstra punte met hierdie opdrag verdien (sien kriteria).

Kriteria:

Treffende en unieke digvorm = 4 punte
Aanwending daarvan = 4 punte
Spel en taal = 3 punte
Algehele indruk van jou inskrywing vir Opdrag 8 = 4 punte.

Totaal = 15 punte.

Wie weet, dalk word jou digvorm gekies om aangebied te word in 2019 se Pendoring digkompetisie!




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Alet

    24 Augustus 2018

    Francois, jy tender vir erge maagpyn …
    Sjiees, wat n uitdaging!!!

  2. Callie Vermeulen

    24 Augustus 2018

    Dankie (weereens) Francois… jy beproef ons op unieke wyses.

  3. Driekie

    24 Augustus 2018

    Sjoe, Francois, dis nou behoorlik afsluit met ‘n hoogtepunt hierdie, dit gaan baie interessant wees om almal se inskrywings te sien. Baie dankie vir ‘n baie interessante, leersame ervaring saam met jou. Ek’s eintlik jammer dis na hierdie opdrag verby.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 39
Kommentaar telling: 36

Francois is op 21 Januarie 1994 in Bloemfontein gebore. Hy was ‘n leerling aan die Hoërskool Fichardtpark en sy digkuns is reeds op skool geprys. Hy debuteer met Tempora Animus op 19-jarige ouderdom in 2013. Vandaar het hy Onder die Dekmantel(2015), Digtershart (2016) en Pendulum (2017) as digbundels vrygestel. Francois is ‘n kampvegter vir lupus en sy prosaboek, Die wêreld deur haar oë, was vir twee weke die topverkoper op Kobo Books in vyf kategorieë. Hierdie publikasie is ook in Engels vrygestel. In 2017 word hy as Ink Skryf in Afrikaans se rubriekskrywer van die jaar aangewys en verwerf ook ‘n tweede plek in die kategorie Digter van die Jaar. In 2018 ontvang hy ‘n Radio Rosestad Roostoekenning vir sy bydrae tot die Afrikanerkultuur.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 113 gaste aanlyn

Bydrae Totale