Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Pandora Box

Deur Lia Kilian
Datum gepubliseer: 28 September 2019 Aantal woorde: 2131 319 Kere gelees 2

Pandoras Box (Flentertjies)

Amanda is nie lus vir die plek vanaand nie. Klein Nellie is juis so siek en nou het sy nie keuse gehad om haar by ou tannie San te los nie. Ag Here kon my lewe nie anders gewees het nie? Tan San dink sy werk by ‘n bar as ‘n barlady. Gelukkig het sy nie ‘n kar nie en die klomp wat haar ken sal nooit na die area toe kom nie. Sy gaan staan voor die deur en gooi haar kop agteroor terwyl haar skouers sak. Die neon lig knik vir haar tartend oog. Pandoras Box. Ag Vader vergewe my asseblief. Met ‘n gegiggel word daar by haar ingehaak. “Kom Amanda, ons moet geld maak vanaand Ryno moet nuwe skoolklere kry.” Amanda kyk na Pamela met ‘n skewe laggie. Pamela is een van die vrouens wat al die langste hier werk. Sy vat al die vrouens onder haar vlerk. Daar is Suzy, Roxy, Alice, Pamela, Red en natuurlik sy self, Amanda. Dit is nie een van die vrouens se regte name nie. Ja ons ken mekaar se name, maar nie een sal die ander op dit noem nie. Sy moes af gewees het vir drie dae, maar Roxy kon nie in kom nie. Ag Vader hou asseblief jou hand oor Roxy, Neels en Marietjie het hul ma so nodig. Ek wens ek het die krag gehad van ‘n man, dan het ek daai man self gaan op neek. Amanda stap die halfskemer vertrek in en plak ‘n glimlag op haar gesig. Die atmosfeer vertel jou dat nie een van hulle hier wil wees nie, maar almal sit met ‘n aangeplakte glimlag en maak simpel grappe om net hul aandag af te trek van die werklikheid. Suzy het definitief weer vanaand ‘n opkikker gevat. Wat was dit die keer? Het sy weer buttons gepop? Of dalk het sy weer Gamma gevat. Ek hoop nie so nie! Laas het dit haar in die hospitaal laat beland. Amanda sit en kyk van die een na die ander. “En hoe gaan dit vanaand met al my asters.” Ben is hul drywer. Hy is ‘n mooi man. As mens hom vra hoekom doen hy die werk is sy antwoord altyd. “Wie gaan na julle kyk as ek dit nie doen nie.” Sy kan nog nie verstaan hoekom hy hier is nie. Hy is so duister soos die nag oor sy private lewe. Van die vrouens het al gegrap en gesê hy is ‘n undercover poot. Jy kan hom ten alle tye deur ‘n ring trek en hy behandel nie een vrou anders as die ander nie. Haar oë trek terug na Suzy, sy frons. Suzy lyk regtig nie goed vanaand nie. Haar voorkoms is verwaarloos en sy lyk op die rand van die afgrond. Amanda gaan sit stil langs Suzy. “Hey Sue, wat is fout?” Suzy draai om na haar te kyk en dit lyk of haar oë nie fokus nie. Tog sien jy die pyn in haar oë. Haar gesig vertrek as sy na Amanda kyk. “Hy het gekom Mandie.” Amanda kyk na haar in stilte. “Ben het die kids kom vat na agt jaar.” Amanda kners op haar tande. Sy vat Suzy se hand en trek haar nader dat sy haar kan vashou. Die bliksem! Agt jaar het hy verdwyn en nooit iets van hom laat hoor nie. Suzy moes met haar standerd vyf werk soek en bly plek vir haar en die kinders. Hoe moes sy kinders groot maak wat aan die beste gewoond was met ‘n ondergemiddelde loon. Dit is sy skuld dat sy die werk doen. Sy het hoeveel keer al gesê sy wil ophou en elke keer is dit iets wat betaal of gekoop moet word vir die kinders. En nou? Dit waarvoor sy gelewe het en ‘n liggaam wat verniel is. Wat gaan sy doen? O liewe Heer wees genadig dat Suzy asseblief nie iets onverantwoordeliks doen nie. Ben kom staan voor hulle en kyk na Amanda met vraende oë. Amanda maak haar oë toe en skud net haar kop. “Kom Suzy, kom ek en jy gaan ry ‘n bietjie.” Hy vat Suzy sag aan haar hand en trek haar op onder sy arm in. Voor hy loop kyk hy na Amanda. “Ek gaan haar vat.” Amanda weet dadelik wat hy bedoel. “Ja dit sal die beste wees.” ‘n Traan rol oor haar gesig terwyl sy hulle agterna kyk. God mag die inrigting asseblief doen wat hulle moet doen om vir Suzy terug te bring na haar volle glorie en terug op ‘n skoon pad vir siele en vrede rus. Mev. Smit voor in ontvangs kom om die hek by die skemer vertrek in. “Pamela hier is ‘n kliënt wat jou soek vir twee ure.” So begin die nag van foltering. Dit was eers in die oggend ure wat daar ‘n bespreking kom vir haar. Sy sit stil in die kar toe Ben by ‘n massiewe huis in Waterkloof stop. “Jy oraait Amanda?” Sy laat sak haar kop en blaas haar asem met ‘n sug uit toe sy haar kop lig. “Ja ek is reg. Ons kan maar gaan.” Ouder gewoonte klim Ben uit en kom maak die deur oop vir haar. Hy behandel al die meisies soos dames. Dan stap hy saam tot by die deur en kyk eers die man uit voor hy die geld ontvang. Hy wag dan buite in die kar en sal nêrens gaan voor hulle terug is in die kar nie. Liewe goeie ou Ben. Sy staan skuins agter Ben en wag dat hy die klokkie moet lui. Die deur gaan oop, maar daar is niemand. Ben staan opsy en wys sy moet instap. Sy frons en kyk vir Ben waar hy met ‘n skewe glimlag en sagte oë na haar kyk. Sy huiwer en hy sit sy hand op haar rug om haar binne te lei. In die portaal gaan staan sy stil en bekyk die luuksheid wat sy so goed geken het as kind. Die deur gaan toe en sy swaai om. Daar is niemand net Ben. “Nee.” Is al wat sy saggies kan uit kry. Ben kyk haar aan en sy sou sweer dit is ‘n seer gevoel op sy gesig. Hy draai om en los haar alleen in die portaal. Wat gaan aan Liewe Heer? Tog net nie Ben nie. Ek kan die ander mans hanteer, dit is net lyflik en kan myself afskakel terwille van klein Nellie. Ben is ‘n ander saak en is dit sy plek of wat gaan aan? Dalk ken hy die kliënt en wag hy in die ander vertrek. ‘n Middeljarige vrou kom uit die vertrek waar Ben in verdwyn het. Sy kyk na Amanda met ‘n sagte glimlag. “Goeienaand, kan ek vir u ‘n koppie koffie bring.” Amanda is so verstom, die vrou praat dan met haar of sy ‘n ordentlike vrou is en nie ‘n metgesel wat haar baas vir die aand gaan optel het nie. Sy stap twyfelagtig nader aan die verbindings deur. Sy gaan staan stil in die opening. Daar is net Ben en, en, wag! Wat soek Nellie hier! Sy hardloop vorentoe en val langs haar dogtertjie neer waar sy aan die slaap geraak het op die bank. Sy vryf haar haartjies saggies weg van haar voorkoppie. Sy hoor in die verwarring hoe die skinkbord met koffie neergesit word. “Hier. Jy is seker moeg, drink jou koffie.” Sy staan stadig op en kyk na Ben terwyl sy die koppie by hom vat. “Daar is vir jou ‘n kamer reggemaak. Daar is ook ‘n aansluitings deur na Nellie sin toe. Voor jy verskonings het. Jou en Nellie se klere is klaar hier. Rita sal jou deur wys na jou kamer toe. Ek gaan meisiekind in haar bed lê. Ons kan môre praat.” Hy draai om sonder om haar kans te gee en tel Nellie op soos breekbare porselein. Rita kom in en kyk vir Amanda aan met ‘n sagte glimlag. Sy wys met haar kop dat sy haar moet volg. Soos hul opstap met die trappe verkyk sy haar aan alles. Nooit sou een van hulle kon raai dat Ben so ryk is nie. ‘n Frons kom lê op haar mooi voorkop. By die tweede deur in die gang maak Rita die deur oop en staan terug dat Amanda verby haar kan stap. “Jy moet lekker slaap en moenie vroeg op staan nie, ek sal Nellie versorg. Sy is tog so oulike dogtertjie. Jy moet net skreeu as jy iets nodig het, Ek is die laaste deur op die regter kant.” Daarmee draai Rita om en stap weg. Ag liewe Heer wat gaan aan? Sy maak die deur saggies toe en gaan sit haar koppie koffie op die bedkassie neer. Sy val met moedelose skouers op die bed met haar hand in haar hare. ‘n Witkoevert op die wit kussing trek haar aandag. Haar naam groot geskryf op hom. “Antoinette.” Niemand noem haar op haar regte naam nie en die by die metgesellin klub ken haar noem naam, Anet. Sy vat die koevert met ‘n baie ligte bewing en skeur hom oop. Is Ben toe regtig ‘n undercover poot? Nee dan sou hy nie in so huis gebly het nie. Wie sê dit is sy huis Anet? Is hy ooit nog hier of het hy haar ook kom aflaai op ‘n plek soos vir Suzy? Nee kan nie wees nie. Sy gebruik nie dwelms nie. Sy is nou eers ‘n maand in die besigheid en nog nie deur alles wat die ander vrouens deur is nie. In die begin het sy gedink hul gebruik dit om high te wees. Later het sy agtergekom dit is om die sinne te verdoof, want wat van die kliente van hul verwag is onmenslik. Sy haal die vel papier uit en daar is nog ‘n koevert binne wat soos ‘n brief lyk wat reeds oop gemaak is.
Liewe Antoinette
Ek weet niks maak nou vir jou sin nie en daar is seker baie vrae in jou kop. In die koevert is nog ‘n koevert met ‘n brief in wat my lewe omgekeer het en vir my alles gegee het wat ek my hele lewe lank nog wou hê. Ek gee die brief vir jou om te lees want dit gaan makliker wees as om te verduidelik. Ek weet ek het gese ons kan more verder praat, maar jy is welkom om met my te kom praat as jy nog vra het. Ek wag in die sitkamer vir jou. Ek hoop regtig jy sal kom, ek het lank gewag vir jou.
Benjamin
Antoinette vat die ander brief maar laat sak haar hande op haar skoot. Sy frons. Here wat gaan aan. Wat weet ek nie en hoe kon ‘n brief sy lewe verander? Hoe ken hy my naam en het hy ook ‘n gevoel vir my? Hoe kon hy al lank wag op my as hy my nou eers ‘n maand ken? Sy vryf met haar hand oor haar gesig. Wat help dit, lees die brief Antoinette. Sy haal die brief uit. Die papier is getuienis dat die brief al oor en oor gelees is.
Benjamin
Ek weet nie hoe om te begin nie, dus ek sal met die feite begin.
Ek was ‘n seun van sestien toe ek ‘n meisie Gertruida ontmoet het. Sy was toe maar vyftien jaar oud. Soos baie tieners wat te beskermend groot geword het, het ons dinge te ver gevat en ongelukkig het sy swanger geraak. Daardie jare was dit ‘n groot skande. Haar ma en pa het haar in ‘n tehuis vir ongehude moeders gesit en ek het haar nooit weer gesien nie. Dit het jare gevat voor ek kon uitvind of ons ‘n seun of dogter gehad het en nog meer jare voor ek jou kon op spoor.
Vergewe my asseblief dat ek met die deur in die huis geval het. Dis soveel jare wat ek gewag het om uiteindelik my seun te kan sien. As dit jou goedkeuring wegdra sal ek dit regtig waardeer dat jy ‘n ou man sal vergewe vir sy nalatigheid en terug Suid Afrika toe sal kom om my te kan kom sien.
Ek het my dogter wat in my huis groot geword het ook vervreem en is nog opsoek na haar. Dit is eers as jy ouer word, dat jy besef die lewe is nie altyd swart of wit soos jy dit wil hê nie en deur duur lesse te leer gaan mens se oë oop.
Ek vra groot asseblief om ‘n plekkie in jou hart te kry om my te vergewe.
Jou Vader
Johannes van Wyk
Antoinette sit en hou haar asem op. ‘n Traan rol oor haar wang. Pappa? Ben? Here het my nagmerrie op ‘n einde gekom?

© Lia Kilian




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 9
Kommentaar telling: 0

Ek skryf sedert skooldae. Niks ernstig nie, tot 9 jaar gelede. Skryf is vir my 'n passie. Paar gedigte is al gepubliseer in verskeie media, ook het ek een digbundel uit gegee. Gedigte is nie vir my ietsie wat jy moet lees of verstaan nie, jy moet hom voel. Ook skryf ek romans en kortverhale. Paar van my kortverhale is in gesamentlike bundels opgeneem en het ek ook my eie kortverhaal bundel uit. My eerste roman is ook al uit, na jare se herskryf en wik en weeg. Ek skilder graag en dis vir my 'n ontvlugting. Na 23 jaar in 'n opgeknopte kantoor en net met syfers het ek besluit om voltyds aandag te gee aan dit wat ek graag in my lewe wil doen. Ongelukkig moet ek lewe en my laatlam nog deur hoërskool sit, dus kan ek dit nog nie voltyds doen soos ek graag wil nie. Maar 'n kantoor sien my nie weer nie, dus saam die skryf skilder en ma wees is ek ook onderwyser vir kinders met leer en emosionele probleme. Dit bring vir groot vervulling om die liefde en trots op hulle gesiggies te sien.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 84 gaste aanlyn

Bydrae Totale