Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Paljas

Deur Ronnie
Datum gepubliseer: 17 Mei 2019 Aantal woorde: 24 106 Kere gelees 4

Brons

Fluweelrooi kringlyn skynwit pêrels,
verbasterde skater,
kwansuis …
Onder elk oog
omfloersde grys traan …
verdoesel
donker dal … gepynigde gees
ware skepsel
gefolterde maaksel




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    18 Mei 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 16
Kommentaar telling: 8

My gesin skilderMy ma kan skilder, kon skilder. Rumatiek het die hande krom en vingers dom gemaak. Ouderdom het die oë swak en kleure en lyne dof gemaak. Sy het laat in haar lewe begin drink uit haar kunsfontein, maar hoe het sy nie gedrink nie! Groot slukke wat my huis se mure versier in elke vertrek ... nie net mý huis nie, maar al drie ons kinders sʼn, en sommer baie ander mense sʼn ook. My man se fontein borrel ongebruik. Daar is mos altyd eendag ... wanneer die kinders uit die huis is ... wanneer ons op pensioen is ... wanneer ons ons pas begin vertraag. Ons begin ons pas vertraag ... die kinders is uit die huis ... tyd loop uit. Diabetes steel stukkie vir stukkie sy sig en ongemerk begin sy hande bewe, soos dié van sy oupa, sy ma en sy broer. Gaan sy fontein te vergeefs borrel, of gaan hy, soos my ma, en ek, diep skep, laat in ons lewens? My oudste dogter skep bekers vol uit haar fontein. Sy teken geboue en paaie op rekenaarprogramme en geniet die presisie en wiskundige berekenings wat vereis word. Die gebou moet kan staan tot die aarde vergaan, en in dié pad mag daar nooit ʼn sinkgat val nie. Sy begin versigtig, soekend drink uit al groter wordende houers en teken pragtige meubelprente in my huis. ʼn Ou tafel wat ‘n belediging vir ʼn ashoop is, word die pronkstuk in die eetkamer.   ʼn Pot wat vergete en nutteloos in ‘n kas staan, word die fokuspunt in die sitkamer. Weggooi t-hemde , vloerlappe sê my ma, kry ʼn tweede lewe as ‘n lappiesdeken op haar bed. My jongste drink klein slukkies uit ʼn soortgelyke fontein as haar ouma. Op tekenpapier, met kwas en potlood, kryt en pastel, teken sy die mooiste prente. Prente? Nee kunswerke. Teken? Nee, dis meer as teken, sy skilder. Daar is nog baie leë kolle op die mure in my huis. Die vertrekke wat ousus met ou tafels en potte en dinge mooi maak kort nog iets – iets unieks – iets besonders – soos daai tekening van die uil wat sy in Graad 10 se kunsklas gemaak het ... of daai skets van haar gesig gekombineer met haar indiaan-spirit-animal wat sy vir haar Graad 12 kunseksamen ingegee het ... of daai skilder wat nog sluimer in haar hande en kunstenaarsiel. Jy begin vroeg, jy het baie tyd, drink diep my kind. En ek? Ek teken met woorde, uitroeptekens, vraagtekens, koppeltekens, kommas en punte ... op leë Word Document bladsye, ...op my laptop se wit skerm. Vir die grootste deel van my lewe het ek net vaal korporatiewe prente geteken – advertensies, persvrystellings, toesprake, pamflette, brosjures, interne nuusblaaie ... Ek kon myself nie help nie en het telkens die vaalgeit probeer inkleur, maar in die koue, grys wêreld van harde besigheid in die finansierings industrie, is swart en rooi syfers al kleur wat geduld word ... en my siel het stukkie vir stukkie gesterf. Maar nou ... nou het ek tyd ... die kinders is uit die huis ... ek werk nie voltyds nie .... nou wil ek drink ... diep drink uit my eie borrelende fontein .... ek wil kleurvolle, woordprente skilder .... op die leë wit skerm ... in Word ... op my laptop.

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale