Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: PADDAKOOR

Deur Eleen van Deventer Vorster
Datum gepubliseer: 14 Januarie 2020 Aantal woorde: 93 24 Kere gelees 1

PADDAKOOR

Ek sit op stoep
ek hoor hulle roep
ek hoor dit in my oor
die mooiste paddakoor

oor en oor sing die hemelkoor
my hartsnare is strelend getoor
dis die mooiste klanke wat ek hoor
brulpaddas het met my hart bekoor

In die donker maanlig
sit die paddas in die sterrelig
hoog vlieg al die klein vuurvliegies
oor die water flikker al die helder liggies

net soos die mooiste feeverhaal
die goueboek word van die rak afgehaal
klein feetjies het ‘n storieboek opgetel
Paddakoor kom die spokiesboek vertel

© Eleen van Deventer Vorster
14/01/2020




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    15 Januarie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 191
Kommentaar telling: 89

BIBLIOGRAFIE   Eleen van Deventer Vorster is op 24 Desember 1960 in Nylstroom, Limpopo gebore. Sy woon tydens 1978 in die mooie Jakarandastad, Pretoria. Eleen het al sedert haar skooldae gedroom om haar werk eendag te publiseer in ‘n bundel en het eers in 2017 die pen opgetel. Haar eerste gedigte wat sy geskryf was op 4 Februarie 2017 geskryf.   Haar gedig wat gewen het op19 September 2017 was een van die wengedigte van SA Digters se kompetisie wat in haar 1ste Digbundel verskyn in Simfonie van See die Mei 2018.   Sy deel ook graag haar gedigte en werke op die platform, INK Skryf in Afrikaans Publikasies op Anzé Bezuidenhout se blad.   Gedigte deur Eleen is al op verskeie radiostasies voorgelees op Radio Stasie West Coast 92.3 deur Delene de Wet op Wind af program in Kaapprovinsie voorgelees op 19 de Januarie 2018   Eleen se 5 gedig wat deel was in ñ kompetisie gaan in Pendoring Digters Volume1 Digbundel verskyn 2018. In Februarie 2018 het die sanger, Jeffrey Smith, Eleen se eerste liedjie opgeneem. Die liedjie, Onderdeur die reënboog kan op SoundCloud geluister word. Eleen lewe haar droom uit deur haar passie vir gedigte en lirieke met die wêreld te deel.   Gedigte deur Eleen is al op verskeie radiostasies voorgelees op Radio Stasie FM STERIO online deur BETSIE OLIVIER  program voorgelees op 03 JULIE 2018     Kopieregte voorbehou ©Eleen van Deventer Vorster

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale