Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Paasfees in Palestina

Deur Estelle
Datum gepubliseer: 23 April 2018 Aantal woorde: 102 305 Kere gelees 2

Paasfees in Palestina

Dis Paasfees in Jerusalem…
duiwe sing hul lentelied
in palms en olyfbome
langs die Via Dolorosa
tot by die Kruis van Golgota,
waar in die donker middernaguur
pelgrims vry kan word
met die aansteek van die Vuur

In Palestina is dit lente
waar papawers bloedrooi blom,
waar die “ster van Bethlehem”
Nazareners na die stal gelei.
Tussen ruïnes by die Gazastrook
waar lewerike broei
weergalm helder hulle lied
bo chaos en verdriet.

Hoe lank nog sal in Bethlehem
die Heilige Vuur se vlam nog skyn
eer dit verswelg word deur die drif,
die drang na mag en grondbesit?




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    23 April 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2018 – Paasfees projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 113
Kommentaar telling: 70

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale