Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: owerste

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 13 Mei 2018 Aantal woorde: 149 378 Kere gelees 2

soos wafferse matriarg
stap fisantjie vanoggend
uitdagende roep na haar maat
waar ek op my duin sit en beskou
kom prentjie van aleen-ouer-moeders
wat spook en spartel om kop bo water te hou
kinders wat misbruik maak van ma se goedheid
pa wat net verdwyn of verantwoordelikheid ontduik
belangrikste taak van elke ouer om kinders te versorg
te koester – te lei – groot te maak met Sy Woord op hul lippe
so is baie huishoudings versteur, opgebreek en verward
my moeder en my vader my riglyne vir my lewe
moederliefde versterk met vadershand
bring diepte en morele boekmerke
moeders wat omgee en liefhet
hoekstene van ons volk
soms verlate en verstoot
vorm hulle die volk se ruggraat
“my volk” praat die mans
“ons kinders” praat die vrouens
saam bou dit krag en eenheid
versplinter soms met haat
eenheid van ouerskap;
lê in gelukkige moeders
met ondersteunende
vaders

©Teárlach




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Anze

    14 Mei 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 – Moeder projek

  2. Ronel Janse van Vuuren

    14 Mei 2018

    Interessant.

  3. Paula Paxton

    14 Mei 2018

    Hierdie gedig raak my hart diep, laat selfs ‘n traanstreep oor my wang.

  4. Tearlach

    15 Mei 2018

    Baie dankie vir julle mooi kommentare Anze, Ronel en Paula. Ek waardeer julle baie.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 825
Kommentaar telling: 117

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 208 gaste aanlyn

Bydrae Totale