Titel: ou hande
Deur Tearlach

–
bewerige rinkink
van ou hande wat skink
geur van rooibos tee
hang in lug oor see
–
op stoepie wat kyk
oor baai en trots pryk
sit bewerige hande
gesels oor lande
–
©Teárlach
TEMAS