Jongste aktiwiteit:

Pastiche
vir

Pastiche

As literêre begrip dui pastiche op literêre nabootsing of namaakkuns: dit is ‘n teks wat gemaak word deur die aanmekaar “lym” van ‘n mengelmoes woorde, sinne, frases, MOTIEWE, beelde, episodes ens., wat onveranderd oorgeneem is uit verskeie oorspronklike tekste van een of meer kunstenaars.

Top of Form

 

Hier is in ietwat breër trekke leesstof oor die Pastiche. Kyk na hoe die Digter ‘n Engelse gedig “oorskryf” sonder om plagiaat te pleeg.

Die pastiche (stof en tegniek 140)

Die pastiche kan gesien word as ‘n letterkundige of ander tipe kunswerk saamgestel in die styl van ‘n welbekende outeur. ‘n Sameraapsel van ‘n skildery of musikale kunswerk, wat opgestel is uit of verskeie bronne naboots. (1)

Dit kan ook bestaan uit ‘n letterkundige, musikale of skildery nabootsing, uit ‘n aantal dele uit ander werke wat los saamgebind word; ‘n werk in iemand anders se styl, in die manier waarop iemand anders sy of haar kuns bedryf. (2)

Die pastiche kan ‘n “bedrieglike nabootsing van ‘n kunswerk, antikwiteit” wees. (3)

Waar die parodie ‘n komiese grondslag stel, doen die pastiche dit nie noodwendig nie.

In sy bundel “Gewalste woord” skryf Johann Johl verskeie gedigte in die pastiche vorm onder andere die gedigte getitel “Wilma Stockenström” en “breyten breytenbach.”

Hier is die pastiche wat hy teenoor ‘n gedig van Alfred Lord Tennyson geskryf het en ek sluit die Engelse weergawe in aangesien dit veel nader aan Tennyson se styl, metrum en rym vermoëns is as die Afrikaanse gedig. Waar Tennyson die Britse koningin Victoria besing, vervloek hy haar eintlik:

Aan ‘n koningin (pastiche)

(met apologie aan Alfred Lord Tennyson)

Humeurig, gekompliseerd – O jy wat fier
leërmagte stuur uit jou kantoor om oor die aarde te swerf
verbrou deur ander se sjarme, deur mag van jou geboorte af;
jou bedrieglikheid word vertel vanaf die konings van die ou tyd.

Victoria vanaf jou adellike gesig,
van jou lippe tot jou wenkbroue
was snobisme weerspieël,
sonder grasie het jy mense swak behandel.

En as jou swakhede orals verkondig word
in skinder praatjies en grappe in jou ryk wat verval met tyd
laat hierdie vers dan uit basuin
van die waardeloosheid en hoe sorgloos,

– Jou soldate toe foute gemaak het
en in ‘n wilde mars om die aarde te seng, vrouens en kinders geval het
terwyl jy getroon agter ‘n paleis mure sit
– toe die aarde bewe onder vertrappende stewels, kanonvuur –

Vat Madam, hierdie beskuldiging saam
want uit jou foute was my mense begrawe in stof
toe die Britte heidene was waarop hulle nie kon vertrou nie,
jou mensloosheid het op ‘n tyd sterk gevloei,

En as ‘n bloeddorstige heerseres
sal jy ‘n prys betaal op die laaste dag!
Mag kinders van my volk se kinders sê:
Sy het ons vadere beroof van vryheid, eiendom en kos.”

“Haar hof was besmet, haar lewe onrein;
God laat U krag los teen elke smetterige doel,
laat U oordeel in rekenskap val
op Victoria se afstammelinge, op die koningin,”

“En aan die manne wat met haar vergader het
wat verkrag, geroof en plunder het;
laat U van hulle ‘n voorbeeld maak,
hulle wat vryheid gebind het, nog wyer misbruik het”

“Deur die daarstel van ongewenste dekreet op dekreet
wat onskuldige bloed laat vloei het,
hulle eie wil uitgeoefen het
en laat Victoria en hulle ewiglik vervloek wees.”

[Verwysings: “To The Queen” deur Alfred Lord Tennyson. Hierdie gedig is geskryf in herinnering van die twintig duisend (sommige syfers is so hoog as vyf en dertig duisend) onskuldige burgerlike Boere / Afrikaner vrouens en kinders wat gesterf het in Britse konsentrasiekampe na hulle plase verwoes was deur die Britte in die Anglo-Boere oorlog in Suid-Afrika, wat ‘n oumagrootjie van my insluit. Vir ‘n duidelike indruk van hierdie wandade lees my epiese gedig “Deur die oë van ‘n veldkornet,” wat gebaseer is op die ooggetuie verslag van JJ Potgieter.]

To a Queen (pastiche)

(with apologies to Alfred Lord Tennyson)

Tempered, complicated – O you that bold
send armies from your office to roam the earth
spoiled by charms, power from birth
your deception has been told since the kings of old.

Victoria, – from your royal face,
from your lips to your brow
snobbishness did flow,
without grace, you treated my people base.

And should your weakness, be reported everywhere,
in gossip and jokes in your fallen empire that declines with time
then let this verse, this rhyme
tell of the worthlessness and how without care,

Then – your soldiers made mistakes,
and in a wild march to scorch the earth, women and children did fall
while you sat enthroned behind a palace-wall
while under trampling boots, canon fire the earth shakes –

Take, Madam, these accusations along,
for from your faults my people was buried in dust,
while Englishmen were heathen they could not trust,
your mindlessness, at a time flowed strong,

And as a ruler spoiling blood
you will have a price to pay in the last day!
May children of my nation’s children say:
“She robbed our parents from liberty, property and food.”

“Her court was impure, her life unclean;
God unleash your power against every vile purpose,
let Your eternal judgment in its reckoning close
against Victoria’s descendants, against the queen;”

“And to the men who at her councils met
who knew when to rape, pillage and take
let You of them a example make,
them who bounded freedom, abusing wider yet”

“By shaping unwanted, unjust decree after decree
which made the innocents blood spill
who exercised their own will
and forever cursed Victoria and them will be.”

 

waarskuwings (Marlise Joubert)

ek moet jou waarsku teen die wind wat roer
die wind wat die hare van gordyne roer
ek moet jou waarsku teen die strooisel vere
wat die tarentale op ons werf kom los
ek moet jou waarsku teen die molle wat sappige wortels
kom vreet die molle wat nikssiende rondhoer
in die tonnels van ambrosia o ek moet jou waarsku
teen die skulpe van sterre wat in bome kom hang
want hulle blink verniet
ek moet jou waarsku
teen die maan se mistige oog
die son se roomwang teen jou gesig
ek moet jou waarsku teen die lam met sy rug na ons gekeer
met sy gebreekte poot en wolkop na die stoof gedraai
ek moet jou waarsku
teen die lam wat sy ore flap in die waaier van lug
teen die honde wat straataf draf sketterend jag na asblikkos
teen die swart lappe van voëls op die wasgoeddraad
ek moet jou waarsku
teen my kissie van roospapier
waarin al my juwele is die krabbers die hangers
en die ringe van topaas

ek moet jou waarsku dat alles niks beteken vir die liefde nie
minder as woorde minder as water minder as brood
want die liefde het net oë vir mekaar
liefde is sonder bril in mekaar
liefde is oë vasgewaai inmekaar

liefde is sonder alles omheen
liefde is ’n dennewoud
liefde is ’n beurende dennewoud
waar die boskapper
onverpoos kap

ek moet jou waarsku

Uit: passies en passasies, Protea Boekhuis, 2007

Pastiche : Waarskuwing (Marlise Joubert)

ek moet jou waarsku
teen voorspellings en die kru aard daarvan
want jou asem poeier teen lig
soos die onseker vlug van ‘n mot
en ek moet jou waarsku teen trane
wat voortydig doodsheid snoer
ja ek moet jou waarsku teen rawe
wat salpeter teen heinings hang
as die dag buite vlerk om sirkelsonne
en die lug hand-aan-hand met gode draf
ek moet jou waarsku teen pyn
en sterre wat onnodig in strikke val
want geheime paaie flank die hemel
soos skeure in onthegte sand
ek moet jou waarsku geliefde
teen droewe heuwels wat
offendimus offendimus troon
want nette gallop ‘n “ek-sal-jou-vang”
en melkweë hoef soos vaandels
deur ‘n goue straat
ek moet jou waarsku
dat my hart moeg geword het
my tree ietwat gekantel loop
en ek nog klei is
ja ek moet jou waarsku
dat ek geskuifel het in hierdie klein(er) uur
maar dat my asem die reis na jou lippe
soos ‘n samesyn kon vertaal

© A Marais 2016 (Bron)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed