Jongste aktiwiteit:

Opening of the Season

ons gooi die hekke oop
en die kudde bondel uit
sedert die middag tydsaam
ruk hul na die meer toe op
versamel op die strand, die pier
elke moontlike stop
feesseisoen?
Kersseisoen?
sy (vrede)soen?
musiek doef uit taxi’s
en die see raak heel stil….

dan om agtuur bars groot hel los
splinterligte verduister die maan
gooi blink sterre skuins uit hul baan
kleintjies skree en diere vlug –
die AWS gooi hande in die lug
dit donder en dreun
blaas derduisende op
en in die bos
bly armes van hongerte kreun

nou is almal in die spirit(s)
strompel en skree
slinger en mors
toyi-toyi met fluitjies
rape en bekruip
en geniet hulle mos
dis alarms en sirenes
remme en gears
en die polisie is bang
hul word deur tsotsi’s gevang
so dis Atlas wat die wêreld dra
met ‘n kaart op die dash –
soek skelms en vind elke crash

stadig beweeg die stoet terug
soos na ‘n drive-in toentertyd
ure aaneen
wag ons vir rus
van somervakansie
en die Son(de)dag

maar soos met elke naweek op sy rug
is dit môre maar net weer
‘n vuil hangoor baie blou
Maandag-dag

© Charleine Collins 16 Desember 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed