Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Openbaring dertien

Deur Ch Nel Venter
Datum gepubliseer: 22 Mei 2018 Aantal woorde: 644 607 Kere gelees 4

“Die vrou by die ander winkel kan nie fotostate maak nie. Kyk hoe skeef is die lyne waarop ek moet uitsny. Die ou kaartjies lyk soos n hond se …… Nee wag, laat ek liewer stilbly.”

Sy knip verder en skud haar kop met afkeur. Haar gedagtes maak draaie by vanoggend se stiltetyd leesstuk. Dit was eintlik Facebook wat haar in daardie rigting gedruk het, omdat sy nie die verdomde foon kan systap wanneer sy op die bed gaan sit om eintlik saam met die Here te wees nie.
Sy wens sy kan hom êrens neersit en van hom vergeet, dat sosiale media nie bestaan het nie en dat selfoon seine net moet doodgaan en ons liewer die posduif strategie weer kan implementeer.

Met daardie gedagte, so vêr van Openbaring dertien as wat kan kom, dink sy aan die voordele van die posduif en rookseine van die ou Weste in Amerika. Nommer een, slegte nuus sal nie dadelik die aanhoorder bereik nie, so nog n rukkie langer kan gelukkige gedagtes oor n situasie of n persoon bygevoeg word by die onthou lêr in jou gedagtes. Twedens goeie nuus kom wanneer hy kom, en of dit laat is of nie, dit bly goed.
Derdens, om nie dadelik simpatie of geluk-sê blomme te stuur nie, spaar baie geld en boonop sou n rangskikking met die koerier koets n droë rangskikking wees, teen die tyd dat dit by die ontvanger uitkom.

“Genade ek dink nonsens uit, fokus tog net n bietjie! Wat nou van Openbaring dertien? “
Weet jy dat die Woord eintlik vir ons verduidelik wat ons reeds weet van die Wêreld. Dat almal blindelings agter die blink goed aan vlieg soos n klomp kraaie, maak nie saak hoe stink dit aan die onderkant is nie.
Maar om terug te kom na Openbaring dertien, die merk van die dier en die nommer van n mens, wat ons self moet uitdink, die dier met twee horings soos n lam en n ander met n bek soos n leeu. Klink op die luister af baie deurmekaar vir my, maar wanneer jy gaan sit en dit met begrip lees sal jy sien dat hierdie stuk in die Woord vir ons meer relevansie pyl tot vandag se tyd en ons nabye toekoms as wat ons dink.
Die dinge van Openbaring is nie meer vêr nie.

Wanneer betaaldag nader kom besef ons elke maand, dat ons minder met ons salarisse kan doen. Jy werk jou soms onderstebo vir die salaris waarna dertig dae uitgesien word en etlike ure na die selfoon die onmisbare paar sente se inbetaling aankondig, is daar min of soms niks oor in die bank en wat het jy daarmee gekoop?
Sonder rand en sent voel jy onbruikbaar en verniet, maar met net te min in die hand kan niks gekoop word nie.
Waaraan dink mense heeldag? Meer as aan enige iets anders……GELD! Vir baie het dit n god geword, iets waarmee baie graag tyd spandeer wil word, meer as wat nodig is. Iets waarvoor die mens n oneindige honger het ….. meer, meer, meer wil jy daarvan hê en al hoe minder kan jy daarvoor kry. As jy nie die merk het nie, is jy verlore in die wêreld.

Sjoe, dit beweeg gevaarlik naby aan die merk waarvan Openbaring praat? Kan dit dalk geld wees? Ons ruilmiddel? Mammon is n wesenlike afgod wat meer mense daagliks aanbid, as enige ander gode, n sterk en amper onverslaanbare heerser.

“Ja maar onthou jy nie, dis net simbolies!” So sê HULLE. “Ek wonder……”
Soos die skewe lyne van die kaartjies waarmee ek besig is.
“Aai, sal maar vir die dame moet gaan wys hoe die afrol masjien eintlik werk.”
Die kaartjies lyk soos Openbaring dertien, op die oog af maak dit geen sin nie, maar as jy diep kyk verstaan jy waarvoor dit eintlik gebruik moet word.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 24
Kommentaar telling: 39

Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 65 gaste aanlyn

Bydrae Totale