Jongste aktiwiteit:

OPDRAG – 8 GROOT VREES

OPDRAG – 8 GROOT VREES

Tema: Vrees

1. Skryf ‘n gedig oor jou grootste vrees of fobie wat jy het.
2. Skryf dit op so ‘n manier dat die absurditeit van die alledaagse uitgebeeld word.
3. Gedig mag nie langer as 12 versreëls wees nie.

GROOT VREES

My grootste vrees
spook soos ‘n dwalende gees
hy wil my verwurg
elke stuikelblok het ‘n brug

kruip en strompel in ‘n greep
dit slaan my soos ‘n sweep
die gedrog het my keel weer beet
hoe kan ek van hierdie hel vergeet

daagliks is my voorkop nat gesweet
besig om my maag op te eet
stories maal oor en oor in my kop
verlos my van hierdie angstige sot

© Eleen van Deventer Vorster
30/08/2018




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed