Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Oorbegin

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 27 Julie 2019 Aantal woorde: 84 328 Kere gelees 4

OORBEGIN

die wenstreep
word ‘n doodloopstraat
wat wyd was word te nou
agter word nou voor, en voor
‘n holderstebolder agterstevoor
groot nou onbenullig niks
commonsense raak nonsens
dak word vloer en vloer gee pad
die klok versnel in agteruit-rat
‘n nimmereindegende reis
met ‘n onseker padkaart
wat nie al die afdraaipaaie wys
soos mens uit jou foute leer
word jou spore telkens omgekeer
nes jy gekom het koers jy terug
terug tot by die eerste uur
terug tot by
die wegspringplek

© Barbara Smit – 27/07/2019




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    29 Julie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 63
Kommentaar telling: 45

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 51 gaste aanlyn

Bydrae Totale