Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Oor grense heen

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 31 Januarie 2020 Aantal woorde: 106 111 Kere gelees 2

Ver verby hierdie blou berge
anderkant die kranse
waaroor die wolwit wolke lê
doeriekant van die Karoo
tussen die Gariep en die Vaal

daar waar jou spore dwaal
oor die wye vlaktes wat altyd wag op reën

daar sien ek jou in geestesoë
tafereel ek jou in beelde en in denke.

Jou velskoen trap ’n paadjie oop
wat al verby die plaasdam loop
(laasjaar, dié tyd was dit vol en blink en blou).

En ek bid vir jou ’n storm –
een wat ek in hoop se naam gebied
om elke druppel in haar waterspens
oor die dorskreet van jou hart te giet.

© Carma Shaw
30 Januarie 2019
8:34




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 370
Kommentaar telling: 925

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale