Jongste aktiwiteit:

Oor “daai” virus

Maar my donnor. Sal julle nou bietjie relax?! Ontspan die tiete. Hakuna jou tatas. Ontknop die hol spiere. Want as ek nou weer een keer “Corona Virus” hoor gaan ek sowaar as waaragtig daai persoon met ‘n kaktus in die keel steek. Kom sit hier om die oom dat ek julle nou mooi kan vertel:

1. Daai gesig-maskertjies wat jy so koop en in Menlyn mee rondloop beteken niks nie. Die Corona Virus is nie “airborne” nie. Dit beteken hy kan nie vlieg nie. Hy’t nie vlerkies nie, hy’t nie ‘n helikoptertjie nie, hy’t nie ‘n valskerm nie, niks. So tensy Corona begin Red Bull drink om vlerkies te kry, beteken daai masker vir jou niks nie. Moenie jou geld mors nie. Moenie in Menlyn rondloop en jou verbeel jy’s Darth Vader nie. Die sekuriteit gaan jou moontlik aansien vir ‘n terroris en jou uithaal.

2. As jy mooi oplet dan sal jy agterkom die slim dokters met die eier koppe vertel jou jy moet jou hande was. Regtig? Is hande was regtig ‘n nuwe konsep vir mense? Dink net vir ‘n oomblik waar ander mense se hande al orals was vandag… Dink net bietjie waar jou eie hande al vandag was. (Sies. Ek kan nie glo jy druk jou hand daar in nie!?) En nou wil jy aan ander mense se hande vat en net-nou KFC vreet en jou vingers aflek? Dan skryf jy more weer ‘n woedende brief omdat so-en-so se KFC jou half dood gemaak het, maar eintlik is dit oorlat jy nie jou hande was nie!
As daar net een rede is om jou hande te was, is dit die feit dat daar mense is wat 1-ply toiletpapier gebruik. Weet jy hoe maklik skeur 1-ply toiletpapier? En dan wil daai selfde mense jou hand skud. Eew.
Moenie aan geld vat nie. As jy dink “boob geld” is die ergste, dan het ek baie slegte nuus vir jou.

Jy moet jou hande vir ten minste 30 sekondes was. Met ordentlike seep. Heeltyd. Want kieme sit aan sit aan alles vas. ALLES. As jy nie weet hoe lank 30 sekondes is nie, sing 2 keer Never gonna give you up se versie terwyl jy was. Of om veilig te wees, sing die hele Bohemian Rhapsody.

3. Toiletpapier? Regtig? Die Australiërs raak angsbevange en slaan vuis oor toiletpapier? Tensy jy deur jou hol hoes is daar geen rede om paniekbevange te raak oor toiletpapier nie. Of is dit nou die feit dat elke keer dat iemand hoes, dan bekak al die ander mense hulleself?

4. Gepraat van hoes. “Hou jou hand voor jou mond, sê die kat vir die hond.” Dis nie so moeilik konsep nie. Moet ek ‘n prentjie teken? En om nog veiliger te wees hou jou elmboog voor jou bek as jy hoes of nies. Daar is niks so erg soos om in Checkers se queue te staan en die een agter jou nies en dit voel of jy deur ‘n ligte Kaapse reën stap nie.

As jy ‘n kugge-kugge aan jou het, en jy is bang hulle sit jou in kwarantyn, drink twee eetlepels kasterolie. Jy sal te bang wees om te hoes. Net so goed soos kwarantyn.

5. Hou op aan ander mense vat. Moenie hulle hande skud nie. As jy iemand ontmoet, buig voor hulle. Dit is vir honderde jare al goed genoeg vir die koninklikes, hoekom is dit nie goed genoeg vir jou nie?
Moenie mense soen of druk nie. As jy dink mense se hande is vuil, dan wil ek jou nie eers begin vertel waar mense se monde al orals was nie… (Hierdie is in elk geval nie ‘n probleem vir enige iemand wat al langer as 5 jaar getroud is nie.)

6. Moenie lelike wees met mense met skrefies oë nie. Jy gaan nie dood neerslaan as jy verby iemand van Asiatiese afkoms stap of as hulle vir jou kyk nie. Jy gaan nie Corona vang as jy beef Chow Mein eet nie.

7. Hou op jou ore uitleen aan die media en sosiale media. As jy iemand post dat “Ons gaan almal vrek!” dan blok jy hulle sommer op Facebook. Jy’t nie daai soort negatiwiteit in jou lewe nodig nie. Ja, Magriet. Ons gaan almal vrek. Maar nie van die Corona virus nie. Jy bly in Suid-Afrika. Die Corona virus is redelik ver onder aan die lys van goed wat jou vandag wil doodmaak. Taxi’s, Malema, kraanwater, malaria, Oscar Pistorius en jou vrou is baie hoër op in die lys.

8. Drink baie alkohol of rook aaptwak. Dit gaan nie die virus doodmaak nie, maar ten minste gaan jy minder gestres wees oor goed waaroor jy nie beheer het nie. (Moet nou net nie die volgende dag jou babbelas verwar met Corona simptome nie.)

9. Kan ons gou bietjie ‘n reality check doen? Sal almal wat al dood is van SARS, Ebola, Polony, vark griep, voël griep of die millennium-bug hulle hande opsteek, asseblief. Kyk om jou rond. Niemand nie. Sien! Die Corona Virus is niks anders as ‘n glorified verkoue nie. As jy hoor iemand wat jy ken het Corona, dan gaan kuier jy by hulle en gee hulle ‘n lekker vet soen sodat jy dit kan opdoen en oor en verby kry. Jy gaan ‘n week lank bietjie kugge-kugge en dan is dit ook verby. For Pete’s sake. (En by the way, as jy kinders het is jou kaartjie in elk geval klaar geboek.)

Kan ons almal nou maar aangaan met ons lewens sonder om histeries te wees? Asseblief en dankie.
©Riaan Palmer

(Vrywaring want apparently sukkel party mense om parody en sarkasme raak te sien: As jy ‘n swak immuniteit stelsel het, wees versigtig en paranoïes!)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed