Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ontwaken

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 20 September 2019 Aantal woorde: 257 108 Kere gelees Hou van

Wanneer die natuur begin ontwaak uit sy winterslaap, is daar ‘n soort “magic” aan’t gebeur. Die aarde verkleur van vaal en dood in die mooiste vrolike “Aaaaah, kyk hoe mooi!” kleureprag. Mens hoor dit selfs in die voëlgesang vroegoggend. Daar is ‘n nuwe opgewektheid in hul groet.
Gaan stap jy deur die strate wat onlangs nog vaal en lusteloos vertoon het, merk jy nou oral bome wat besig is om hul groen jassies aan te trek, en met die mooiste, helderkleurigste blommehoed spog, gras wat groentrots voor huise met skoongewaste vensters pronk.
Hoe kan mens dan anders as vrolik voel saam met die natuur?
Hier waar ek sit en werk en uitkyk oor ons woonstel se tuin, sien ek hoe die voëltjies gretig en ywerig nessies begin bou. Dit is omtrent ‘n gewoel en gewerskaf soos hulle rondfladder.
Het jy al ‘n voëltjie dopgehou wat ‘n nessie bou? Hulle raak nie moeg nie, gee nie moed op voordat die nessie 100% perfek is nie. Selfs al kom die wysie, na ure se rondvlieg en werk en weef met sy bekkie, en ruk die nessie uitmekaar, gaan soek die mannetjie maar gedulig ‘n ander takkie en begin die hele proses van vooraf. Dit is uithouvermoë!
Ons het so baie om te leer by die natuur en die natuur het beslis ‘n groot invloed op ons gemoedstoestand.
Laat hierdie lenteseisoen vir ons elkeen ‘n nuutbegin wees, stof af die spinnerakke, trek die vaal jas uit, maak die vensters wyd oop en adem die nuwe lewe in.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    23 September 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 32
Kommentaar telling: 128

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 103 gaste aanlyn

Bydrae Totale