Titel: Ontwaakte hartklop
Deur Jessica Venter
tussen die pole
van jou horison
verander jy my ewenaar
in jou liefde
ontwaak my hartklop
uit sy sluimerende slaap
en fluister ek sag
word wakker, my hart,
word wakker
©Jessica Venter
27/11/2019
• Erkenning aan Rumi aanhaling “stay awake, my heart, stay awake” – vertaal