Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Ontsnapping

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 Aantal woorde: 204 130 Kere gelees 1

(goud)

Ek lê in my armbuurt
saam met ryk mense
en ek hoor hoe baldadig
hulle in oorvloed lag en rondval
dronk gesuip aan hul eie ego’s

al wat ek wil doen is op die rug
van ‘n wilde perd spring
‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke
en hierdie plek van lyding
agter my los sonder om my lyf te hou

hoe kan ek dit verduidelik
sonder om sekeres aanstoot te gee
dat vrywees ‘n binneding is wat swygend goël
godweet dis nie maklik om hierdie demone
met vreemde name in die gesig te staar nie
as hul maar my eie was sou dit seker
meer verklanklik wees om te verwerk

ek kla nie, nooit nie
dis nie my manier van leef nie
want ek wil dankbaar wees soos die heiliges
ek wil ook rustig op ‘n oorgroen grasperk sit
en kyk hoe kwikkies hul gatvere rondswaai
hoe die wind slapende bome wakker skud

ek probeer maar net aan ‘n plan dink
om te ontsnap van die klipgooiers
en sekslose verkragters
wat alles wat ek met soveel moeite
trane en liefde opgebou het
verplunder en afbrand

Maar hoe ontsnap ek dit
want alles is reeds in sy moer.

© Junie 2020 Caren Kearley




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    25 Junie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2020 – Vryheid projek

  2. Viooltjie

    27 Junie 2020

    Goeie werk, Caren

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 151
Kommentaar telling: 28

Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my  twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders sê ek altyd dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 92 gaste aanlyn

Bydrae Totale