Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ONTHOU-JY’S

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 9 Oktober 2019 Aantal woorde: 223 50 Kere gelees 2

VERS 1

Hier waar ek mymerend staan
en opkyk na die flentertjie maan,
na die sterre wat skitterend skyn
teen ‘n hemel van swart satyn,
verlang ek na jou liefdeswoorde
wyl ek luister na die eensaam akkoorde
van die luide kriekekoor
in die aand se seerkry te hoor.

KOOR

Liefste, onthou jy nog
die tye nou lank reeds verby?
Waarom tog die hartseer
van al daardie mooi onthou-jy’s?

VERS 2

Laat nag teen my kamervenster aan,
merk ek die blink van ‘n traan.
Daar’s geen sterre wat buite meer skyn,
dis nou net ‘n vaal reёngordyn.
Ek sien jou portret teen die muur,
die tydglas loop leeg elke uur.
Jou oё kyk vir my uit die raam…
teer saggies fluister ek jou naam.

HERHAAL KOOR

VERS 3

Onthou jy nog die onthou-jy’s my lief?
‘n Foto, bos blomme, ‘n brief…
Uitgelate in die water, op die strand,
speels laggend neervan op die sand…
Nat omhelsings met soentjies so teer,
die belofte môre sien ons mekaar weer?
Die pyn van gister se onthou-jy’s
is deel van vandag se seerkry’s.

HERHAAL KOOR

INSTRUMENTEEL
HERHAAL KOOR

(Van al daardie mooi onthou-jy’s x 3)

Liedjieskrywer en sanger: Yvonne de Kock

(Kopiereg voorbehou)




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Kiekies

    9 Oktober 2019

    Mooi man!!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 0

Ek is allereers die trotse skrywer van Afrikaans, my pragtige moedersknie-taal! 'n Gepubliseerde vryskutjoernalis met artikels in van ons Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Vrouekeur en Rooi Rose. Ook digter,  liriekskrywer en komponis. Dus liedjieskrywer van my eie, sowel as ander se gedigte en lirieke en hartstogtelik lief vir musiek en sang. Ek geniet myself gate uit met die skryf van rubrieke, skryf ook verhale en maak ook so nou en dan keel skoon by wyse van 'n lekker ou gorreltjie. En o ja! Na baie, baie jare as skrywer, het ek uiteindelik drie boeke die lig laat sien en is ek nie 'n bietjie trots nie! My biografie Daar huil 'n kind in my, Rubrieke sonder brieke en Gedigte op die vleuels van musiek. Daar...genoeg. Nou moet ek verder aan die skryf kom!

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 58 gaste aanlyn

Bydrae Totale