Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: onstuimige vrede

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 24 Mei 2019 Aantal woorde: 78 78 Kere gelees 3

vrolik sing die sysies in die fynbos
elke wysie fyn besnaard en mooi
saam sit hulle in blou vere getooi
fyn pik hul sade vir kinders se kos

vrolik kekkel fisante in hul stap
soek hulle kos om die wit huise
staan soms en krap kop vir luise
skrop hul en gesels laat dit klap

habitat versteur deur wit huise en laan
ongesteurde natuur binne ontwikkeling
pas moeilik aan maar wil voort bestaan

©Teárlach
(Foto: Oswald Theart)




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Margaret Cordier

    24 Mei 2019

    Pragtig vers.
    Onthou hulle op ‘n ander plaas!

  2. Tearlach

    25 Mei 2019

    Baie dankie Magaret. Ja een keer ‘n plaaskind, altyd ene.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 543
Kommentaar telling: 74

Gebruikers Aanlyn

7 Lede, 124 gaste aanlyn

Bydrae Totale