Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Onsterflikheid

Deur Estelle
Datum gepubliseer: 8 Februarie 2019 Aantal woorde: 97 24 Kere gelees Hou van

In ‘n tydelike staat van net maar wees
skulp ek soos die kluisenaarskrap
in ‘n liggaam net geleen,
in die hier en nou maar nietig mens,
verganklikheid van bloed en vlees.

My aardse bestaan deur tyd bepaal
– die uurglas wat my lewe rig –
die opkoms van die son en maan,
seisoene se siklies’ kom en gaan
van my verwyling hier die somtotaal.

Maar my bewussyn, ja my siel
– nooit gebore of gesterf –
swerf saam met golwe van die tyd
wat om en om en op spiraal,
geëien deur die ewigheid.

©Estelle Rubow




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Anze

      Februarie 8, 2019

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek – TYD

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 109
    Kommentaar telling: 68

    INK E-formaat tydskrif

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 6 gaste aanlyn

    Bydrae Totale