Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ons

Deur Johnell
Datum gepubliseer: 12 Julie 2019 Aantal woorde: 209 441 Kere gelees 4

Vanaand mis ek ons.
Ek mis sorgelose skater en ondeundheid wat sonder skaamte of toestemming in ons oë kom vonkel. Ek mis laat aande en glase wyn. Ek mis die musiek wat ons harte ligvoets en onopmerklik aan mekaar kom snoer het.
Slu het elkedag en maandeindes hulself met dieselfde onopmerklikheid in ons gedagtes kom vestig en op hul katvoet manier het dink en kommer ons voel en wees kom verja. Die vonkel verdof.
Dit torring aan die hart en maak die deur ewe flambojant oop vir twyfel, onsekerheid en angs.
Die winter is nie lekker nie. Ons laataand-lagge het in die herfs begin, asof dit die koue wou ontduik en die ryp wou misken.
Ek wil terug keer na die herfs … of vooruit hardloop na die lente. Ek wil die knusheid van jou bors opsoek en ons daar binne vind. Daar vind ek vrede. Voel ek hoe ontspanning my in hart en siel oorneem. Voel ek hoe die vonkel van ‘n ou glimlag my oë oplig. Voel ek hoe spontane sprankel sy plek weer vind. Voel ek hoe ons, onself oorgee aan die oomblik. En dan, dan voel ons weer soos ons. Geen kommer. Geen wonder. Net ek. Net jy. In ‘n perfekte ons.
Vanaand mis ek ons.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Kiekies

    17 Julie 2019

    Ek verlang sommer saam met jou.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 21
Kommentaar telling: 7

Onderwyseres in Afrikaans

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 124 gaste aanlyn

Bydrae Totale