Jongste aktiwiteit:

Ons behoort (1)

Ons behoort aan Afrika
soos suikerbos en kremetart
soos haar aalwyn wat oranje
en ’n huilboom in haar smart;
soos ’n wildevy wat deur rotse skeur
namakwablomme wat die winter kleur
…en soos graspluime aan die wind.
Ons behoort aan Afrika
soos sade wat ’n rusplek vind.

© Carma Shaw
7 Februarie 2019
1:31




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed