Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ons behoort (1)

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 8 Februarie 2019 Aantal woorde: 50 91 Kere gelees 1

Ons behoort aan Afrika
soos suikerbos en kremetart
soos haar aalwyn wat oranje
en ’n huilboom in haar smart;
soos ’n wildevy wat deur rotse skeur
namakwablomme wat die winter kleur
…en soos graspluime aan die wind.
Ons behoort aan Afrika
soos sade wat ’n rusplek vind.

© Carma Shaw
7 Februarie 2019
1:31




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. See-Jay-El

      Februarie 9, 2019

      Carma, dis ‘n pragtige stuk werk hierdie.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 326
    Kommentaar telling: 916

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    INK E-formaat tydskrif

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 160 gaste aanlyn

    Bydrae Totale