Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: onrus

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 23 Oktober 2020 Aantal woorde: 70 43 Kere gelees 1

die onrus sit in ‘n frons
oor haar mooi gesiggie
winde verander en ruk
en pluk daagliks sterker

gedagtes in duister gegiet
ure en dae in niks vervliet
broei die onvervulde droom
knaend aan haar hart-soom

moeilik is die vrou-word
volwassenheid te bereik
altyd onverstaanbare lot
gegiet in wêreldse kruik

vandag is daar ‘n laggie
vriendelik en heilsaam
môre dalk iets anders
see het mos branders

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1001
Kommentaar telling: 134

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 76 gaste aanlyn

Bydrae Totale