Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Onman

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 29 Julie 2020 Aantal woorde: 133 27 Kere gelees 1

My Vaderlandsgrond
het modder
aan ‘n strooilat geword –
soveel toutrek en stry
oor baaswees en besitreg
het ontaard
in ‘n woesterny.

Die hand wat met liefde saai
word genadeloos,
berekend afgemaai –
die voedingshand
wat swoeg van vroeg tot laat
vertrap in vergeldingsmaad.

My mond word gesnoer
stom en verbaas
al skree my wese
na geregtigheid en raas.

Plaas dan ‘n wag voor hierdie mond
maak my stil
sodat ek nie deel sal hê
aan ligsinnige onsinnigheid
en skuldig sal staan
teenoor verraad en vergryp.

Sit vrede terug in my gemoed
sodat vergifnis
weer my hart
en denke kan voed.

My Vaderlandsgrond
het koggel
aan ‘n strykstok geword –
‘n eentonige deuntjie
sonder oplossing of einde
wat frustrasie crescendo!

Snoer dan hierdie mond
sodat die buskruit binne my
vredevol sal ontlont!

©Driekie Grobler




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 42
Kommentaar telling: 122

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 174 gaste aanlyn

Bydrae Totale