Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ONDERDEUR DIE REËNBOOG – ELEEN VAN DEVENTER VORSTER / JEFFREY SMITH

Deur Eleen van Deventer Vorster
Datum gepubliseer: 4 Oktober 2018 Aantal woorde: 191 333 Kere gelees 5

ONDERDEUR DIE REËNBOOG – ELEEN VAN DEVENTER VORSTER / JEFFREY SMITH

VERS 1
STORMS KOM EN DRUPPELS VAL
DIE ONSEKERHEID MAAK MY MAL
REËN VAL NEER EN WEERLIG SLAAN
EK WONDER WAAR KOM DIT VANDAAN

EK STAAN IN DIE REËN EN WAG
VIR IETS OM MY WEER TE LAAT LAG
DIE STORM HET MY NOU PAPSOPNAT
SAL EK OOIT WEER ‘N KANS WIL VAT

KOOR
ONDER DEUR DIE REËNBOOG IN ONS DROME HAND AAN HAND
LANGS DIE BOME STAP ONS KAALVOET OP DIE SAND
ONDER DEUR DIE REENBOOG IN ONS DROME TREE VIR TREE
LANGS DIE BOME STAP ONS KAALVOET LANGS DIE SEE

VERS2
DIE LEWE GEE ONS SOMS ‘N HARDE SLAG
VAN DONDERWEER WAT ONS NIE VERWAG
WATER OORSTROOM ONS KAN DIT NIE VEG NIE
MOET NET SEKER MAAK DIT SPOEL ONS NIE WEG NIE

BRUG
DIE HARDE SLAGTE VAN DIE WEER
RAAS MAAR ONS HOEF NIE TE VREES NIE
WANT SONDER STORMS SONDER REËN EN SEER
KAN DAAR NIE ‘N REËNBOOG WEES NIE




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 181
Kommentaar telling: 89

BIBLIOGRAFIE   Eleen van Deventer Vorster is op 24 Desember 1960 in Nylstroom, Limpopo gebore. Sy woon tydens 1978 in die mooie Jakarandastad, Pretoria. Eleen het al sedert haar skooldae gedroom om haar werk eendag te publiseer in ‘n bundel en het eers in 2017 die pen opgetel. Haar eerste gedigte wat sy geskryf was op 4 Februarie 2017 geskryf.   Haar gedig wat gewen het op19 September 2017 was een van die wengedigte van SA Digters se kompetisie wat in haar 1ste Digbundel verskyn in Simfonie van See die Mei 2018.   Sy deel ook graag haar gedigte en werke op die platform, INK Skryf in Afrikaans Publikasies op Anzé Bezuidenhout se blad.   Gedigte deur Eleen is al op verskeie radiostasies voorgelees op Radio Stasie West Coast 92.3 deur Delene de Wet op Wind af program in Kaapprovinsie voorgelees op 19 de Januarie 2018   Eleen se 5 gedig wat deel was in ñ kompetisie gaan in Pendoring Digters Volume1 Digbundel verskyn 2018. In Februarie 2018 het die sanger, Jeffrey Smith, Eleen se eerste liedjie opgeneem. Die liedjie, Onderdeur die reënboog kan op SoundCloud geluister word. Eleen lewe haar droom uit deur haar passie vir gedigte en lirieke met die wêreld te deel.   Gedigte deur Eleen is al op verskeie radiostasies voorgelees op Radio Stasie FM STERIO online deur BETSIE OLIVIER  program voorgelees op 03 JULIE 2018     Kopieregte voorbehou ©Eleen van Deventer Vorster

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 88 gaste aanlyn

Bydrae Totale