Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ode aan my vrou

Deur Stephan
Datum gepubliseer: 13 April 2019 Aantal woorde: 114 207 Kere gelees 3

Ode aan my vrou

Jou vroegoggendsoen is oggendstondgoud op my mond
my siel word toegeskulp in die weelde van jou pêrelglimlag
jou stem se fluistering fluweel die kamers van my hart
ek proe ons ewig-saam in die heuning van jou tong.

Ons elke dag se paadjieskei krater my bestaan
lawarooi die magmaverlange wat diep in my bloei
tyd tik-tak-tik-tak sleepvoet om-en-om met slakkepas
die duiwe se gesange bring net heimwee en verlange.

Jou terugkeer pastelkleur my dag se sonsondergang
die blou van my verlange verweef in die magenta van jou liefde
waters van rus en vrede vloei vreedsaam deur my wese
en ek verdrink in die donker liefdespoele van jou oë.

©Stephan Uys 2019/04/11




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 91
Kommentaar telling: 5

Ek is 'n skrywer, digter, publieke spreker, prediker. Ek is gek oor woorde. Ek is lief vir mense. As ek die twee bymekaar kan bring is ek in die wolke!

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 123 gaste aanlyn

Bydrae Totale