Ode aan die Vader
Soos ek hier staan,
Karoo vlaktes oral om my,
U beeldskone handewerk,
kilometers en kilometres,
wyd verspreid.
Besef ek weer,
ons sê nie genoeg dankie,
so ek bring ‘n ode,
net vir U,
en ek skenk dit aan U my Vader,
deur net bietjie,
dankie te sê,
want U genade,
dit is groter as groot.
Alles om ons is eintlik so mooi,
Vader, U moet ons maar vergewe,
want daar is soveel leed,
ons sukkel gedurig,
om verby dit na die mooi te kyk.
Dankie vir ‘n prag lewe,
al sien ons nooit,
hoe mooi dit werklik lyk.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.